Springs-gemeenskap hou sigbaarheidspatrollie


Die AfriForum-buurtwagte in Brakpan, Kempton Park en Springs het in samewerking met Bakerton se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op 11 Januarie 2019 ’n sigbaarheidspatrollie in Bakerton, Springs gehou. Altesaam 710 km is in 94 manure afgelê, terwyl sewe voertuie hiervoor gebruik is.

“Sedert die feesseisoen gaan Bakerton erg gebuk onder ’n vlaag van misdaad en as ’n gemeenskap kan ons dit eenvoudig nie aanvaar nie. Dit is belangrik om hierdie patrollies te hou ten einde sigbaarheid te verhoog en samewerking met ander veiligheidsinstellings te verbeter. Sodoende help ons om die veiligheid van ons gemeenskappe daadwerklik te verbeter,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Gemeenskappe kan help om misdaad in hul omgewings te bekamp deur by plaaslike veiligheidstrukture betrokke te raak,” sluit Swart af.

SMS “Springs” na 45342 (R1) om by jou naaste AfriForum-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings