|

Standerton-buurtwag trek skaapdiewe vas

AfriForum se Standerton-buurtwag, die Standerton GPF en plaaslike boere het op 9 Augustus 2019 in die vroeë oggendure ’n groot deurbraak in veediefstalsake gemaak nadat ses verdagtes in hegtenis geneem is.

Die GPF het inligting ontvang nadat sy lede op ’n voertuig met geslagte skape afgekom het. Buurtwaglede het gevolglik ondersoek gaan instel en inligting verkry by ’n verdagte wat in die voertuig was.

Vier skaapkarkasse is in Sakhile gevind en nog verdagtes is gearresteer. Die verdagtes het ook aangedui waar die vee gesteel is, waarna buurtwaglede nóg twee skape wat vasgebind was op die plaas gekry het.

Die verdere optrede van polisielede en boere het vrugte afgewerp en altesaam ses karkasse en vier skape is gevind, terwyl ses verdagtes ook gearresteer is.

“Ons is bly ons kan die gemeenskap bystaan om misdaad saam met ander instansies soos die GPF te beveg,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings