| |

Standerton-tak ruim Voetsporemonument op

Die AfriForum-tak in Standerton het op 19 April as deel van die monumentoudit die Voetsporemonument buite dié dorp opgeruim.

Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale insiatief om Suid-Afrika se monumente en erfenisgebiede te bewaar.

Die Voetsporemonument word al vir ’n aantal jaar deur AfriForum onderhou en was in die verlede heeltemal onbegaaanbaar. AfriForum het juis daarom besluit om hierdie terrein netjies en in stand te hou.

Ná die onlangse baie reën het die gras om die monument vinnig gegroei en die indringer oorgeneem, daarom verg dié area gereelde onderhoud.

“Ons poog om soveel as moontlik van ons erfenisgebiede vir ons nageslagte te bewaar en ons sal nie skroom om dit self te doen nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Soortgelyke plasings