| |

Stilfontein- en Orkney-tak skenk brood, maalvleis aan behoeftiges

Die AfriForum-takke in Stilfontein en Orkney het op Saterdag 30 Mei meer as 270 kg maalvleis en brood aan behoeftige inwoners en ouetehuise in Blake en Parksig geskenk.

Joseph Renaud, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek, sê dat dié AfriForum-takke oorval word deur hulpversoeke uit die gemeenskap, wat tans baie swaarkry weens die landwye inperking.

“Die nood is duidelik sigbaar. Die COVID-19-krisis het tot gevolg dat talle gesinne reeds hulle inkomste verloor het of moontlik binnekort gaan verloor. Verder is meeste van die bejaardes uitsluitlik van SASSA-pensioene afhanklik. Die AfriForum-takke het ten doel om met elke projek ’n wesenlike verskil in dié inwoners se lewens te maak,” sê Renaud.

 

“Dit is verskriklik dat bejaarde mense in ’n lang ry moet staan om kos te kry. Dit is egter wonderlik dat daar vir hulle kos voorsien kon word en dat mense selfs in moeilike tye opofferings maak om te help om kos uit te deel,”  sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivierstreek.

 

Soortgelyke plasings