Stop Discovery-rassisme

AfriForum en Solidariteit het op Maandag 26 November met Adrian Gore, Discovery se uitvoerende hoof, vergader nadat Discovery onlangs aangekondig het dat hul nuwe inisiatief, Discovery Bank, op ’n rassegrondslag teen minderhede sal diskrimineer.

Gore het tydens die vergadering aangedui dat Discovery voortgaan met dié inisiatief wat uitsluitlik aan swart deponeerders ’n 10%-aandeel in die maatskappy sal gee. Discovery weier om ’n onderneming te gee dat hulle nie verder teen wittes sal diskrimineer nie.

AfriForum respekteer almal se persoonlike keuse om te besluit met watter maatskappy hulle besigheid wil doen. Op hierdie stadium beveel AfriForum aan dat mense, wat gegrief is deur Discovery se diskriminasie, hul verbintenis met Discovery sal heroorweeg.

Discovery se poging om aan te voer dat hulle deur wetgewing gedwing word om wittes by dié aandeleskema uit te sluit, is vals. Hierdie is ’n deursigtige poging om hul eie aanspreeklikheid vir die diskriminerende aandeleskema te ontduik.

AfriForum is steeds van mening dat hierdie besigheidsplan blatante rassisme is.

’n Groot aantal van AfriForum se meer as 215 000 lede, is Discovery-lede. Ons kan nie toelaat dat rasse-uitsluiting die norm word nie. Dit is waarom AfriForum ’n dispuut met Discovery verklaar het.

Die volgende e-pos word direk aan Discovery gestuur.

Hiermee ondersteun ek AfriForum se dispuut teen rasse-uitsluiting deur my naam by die dispuut teen Discovery se rassisme te voeg.

Oops! We could not locate your form.

 

As jy, net soos AfriForum, gegrief is deur Discovery se optrede, vra ons jou om die volgende te doen:

  1. Kontak Discovery om hulle in kennis te stel van jou skok en teleurstelling met hul rassistiese optrede. Doen ’n pleidooi vir gelyke behandeling.
  2. As jy jou besigheid met Discovery gestaak het, maak seker dat hulle weet dat dit is omdat jy gegrief is deur hul optrede. Kontak hulle via e-pos (AskTheCFO@discovery.co.za OF compliance@discovery.co.za), bel hulle by (011) 529 2888, of laat weet hulle op Facebook (www.facebook.com/discoverysouthafrica/) of Twitter (@Discovery_SA) en gebruik #DiscoveryBank OF #Discovery.

Soortgelyke plasings