#StopKwotas

AfriForum onthul: 56 wit skooldogters weens raskwotas uit Gauteng-netbalspanne gelaat

 Jy kan help om vir hierdie kinders se regte te veg!

 AfriForum het die puntestate van die keurders vir die Gautengse o. 12- tot o. 18-skolespanne bekom. Ná bestudering van dié puntestate kan AfriForum onthul dat 56 wit dogters, wat volgens die keurders se beoordeling op meriete vir die spanne gekies moes word, egter weens hul ras uit provinsiale spanne gelaat is.

AfriForum gaan namens van die benadeelde dogters se ouers ’n klag teen Netbal Suid-Afrika (NSA) by die Internasionale Netbalfederasie (INF) indien. Indien nodig sal die saak ook na die internasionale Hof vir Arbitrasie in Sport (CAS) geneem word. Die INF se reëls, asook dié van sowel die Internasionale Olimpiese Komitee as die Statebondspelefederasie, verbied uitdruklik enige vorm van rassediskriminasie.

JY KAN HELP!

Dit is belangrik dat die INF en CAS weet dat AfriForum en die dogters se ouers nie alleen staan nie. Jy kan help deur jou naam by AfriForum en die ouers se klag te voeg. Doen dit deur jou naam na 32687 te SMS of jou naam hieronder by die klag te voeg. Vra gerus jou vriende en familie om dit ook te doen.

Lees AfriForum se mediaverklaring hier. 

Lees die volledige klagstaat hier. 

Soortgelyke plasings