|

Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik

AfriForum se nuwe inisiatief AfriVriendelik, ʼn eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings, het die afgelope week met entrepreneurs soos Hennie Lötter van die Kapoet Padstal, Kobus Galloway van Idees Vol Vrees en Johannita Eksteen en Anneke van Rooyen van Funky Ouma-speserye gesels om uit te vind wat die redes vir hul sukses is.

AfriVriendelik het ook tydens ʼn sakeontbyt sy entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap bekend gestel. Daniël Malherbe, medestigter en direkteur van die digitale-agentskap Lumico, het as hoofspreker by dié geleentheid opgetree.

Dié opwindende entrepreneurskompetisie is een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik. Ander inisiatiewe sluit onder meer ʼn aanlynkletskamer vir AfriForum-lede en entrepreneurs, bemarkingsopleiding en die jaarlikse Tinteltong Toekennings in.

Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder van AfriVriendelik, bied die entrepreneurskompetisie ’n uitstekende geleentheid vir jong en gevestigde entrepreneurs om hul ondernemings uit te bou.

Inskrywings vir die AfriVriendelik entrepreneurskompetisie sluit op 30 September. Vir meer inligting oor die kompetisie besoek www.afrivriendelik.co.za.

Soortgelyke plasings