Taksuksesse Februarie 2022

TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2022 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • AfriForum se Groter Moot tak kry nuwe tuinspan.
  • AfriForum se Groter Moot buurtwag het verskeie sigbaarheid patrollies gehou.
  • AfriForum se Groter Moot tak help boom uit pad verwyder
  • AfriForum se Groter Moot tak hou skoonmaak aksie
  • AfriForum se Groter Moot buurtwag hou paraatheidsoudit

Wes Moot

  • AfriForum se Wes Moot tak hou skoonmaak aksie saam HGPF, Jeug was ook teenwoordig
  • AfriForum se Wes Moot tak gee opleiding aan buurtwaglede vir beheerkamer se kamera monitering
  • AfriForum se Wes Moot buurtwag hou patrollie.

Apiesrivier

  • AfriForum se Apiesrivier tak reorganiseer en verkies nuwe bestuur

Centurion

  • Die tak het die gras rondom verskeie gevaarlike kruisings op Ou Johannesburgweg gesny om die pad veiliger vir motoriste te maak.
  • Die tak het die gras rondom die posbusse in Valhalla gesny aangesien dit ’n gevaar vir inwoners ingehou het wat pos gaan uithaal.
  • Die tak het Furman Park in Valhalla skoongemaak en die gras gesny.

Moreletapark

  • Die tak en die Grootfontein-buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers ’n sigbaarheidsprojek in Moreletapark en omliggende gebiede gehou.
  • Die tak het in samewerking met verskeie ander AfriForum-buurtwagte ’n groot sigbaarheidspatrollie in Moreletapark gehou.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Buurtwag het saam met ander rolspelers n massa patrollie gehad
  • Tak het hul eerste sport dag by Bob van Renen stadion gehou

Vanderbijlpark

  • Buurtwag bystand gelewer in Ford straat mense gooi goed oor mure 
  • Buurtwag bystand Pacal Straat, Bejaard man pleeg selfmoord
  • Buurtwag uitgeroep besig om te plunder en breek by selfoon toring 
  • Buurtwag uitgeroep Ford Straat man en vrou slap op sypaadjie
  • Buurtwag bystand gelewer huis roof in aanvang in Faraday Blvd. Verdagtes het weg gekom 
  • Buurtwag bystand Alnolt Teller Straat. Drie verdagtes wil in lee huis intrek. SAPD het hulle weg gejaag
  • Buurtwag bystand geleer met vuurvegter  by sub stasie agter Spar in Gillespie Straat Kamer in sub stasie aan die brand
  • Buurtwag bystand benodig. Vou is bang, mense hou n funksie en partjie in omgewing
  • Buurtwag het bystand  gelewer met vuurveger Veldbrand en skips wat aan die brand gesteek word in veld by Arnold Teller
  • Buurtwag het bystand gelewer met motor ongeluk. Motor bots teen boom. Geen beserings
  • Tak Help en rapporteur 4 x klagtes van krag onderbrekings
  • Tak Help en rapporteur 1 x klagtes van riool wat in erwe loop
  • Tak Help en rapporteur 3 x klagtes van water lekke
  • Tak hou teer projek saam Transvalia skool. Skenk 100 sakkies teer.
  • Tak hou Skoonmaak aksie: Sny gras & skoonmaak by Arnold Tellers Straat 4 hektar gesny
  • Tak hou skoonmaak aksie: Sny by Canvis kliniek – 0.25 hektar gesny
  • Tak hou skoonmaak aksie: Sny by Sub-stasie in Newton Straat – 0.25 hektar gesny
  • Tak hetstel slaggate in Maxwell Straat in CW 5. Gebruik 92 sakkies teer

Fochville

  • Tak het selferdediging klas aan gebied vir gemeenskap lede wat belang gestel het

Heidelberg

  • Tak het n gemeebskap vergadering gehou waar hul gemeenskap lede versoek het om betrokke te raak by hul gemeenskap om probleme in hul dorp aan tespreek

Westonarea

  • Tak het 16 krag probleme aan gemeld
  • Tak het 4 water probleme aan gemeld
  • Tak het versoek dat 2 parke skoongemaak word
  • Tak het 4 Riool leke aan gemeld
  • Tak het 1 vullisverwydering probleem aan gespreek

OOSRAND

Benoni

  • AfriForum Benoni tak se buurtwag patrolleer 485 ure en lê 2832 km in die tyd af.
  • AfriForum Benoni lewer by stand by talle moontlike inbrake , Motorvoertuig ongelukke en sowat 3 gewapende roof tonele.
  • AfriForum se Benoni tak voltooi van einde Januarie reg deur Februarie maand 12 gemeenskap projekte. Dit handel van klein skoon maak aksies om sy paadjies skoon te maak tot groot teer aksies en dan ook herstel werk by ‘n te huis.

Germiston

  • AfriForum Germiston gee bystand met talle Motorvoertuig ongelukke deur middel van toneel beveiliging en verkeer beheer.
  • AfriForum Germiston tak dra by tot sukses om kabel diewe en huis inbrake  deur Februarie maand te stuit
  •  AfriForum Germiston se Jeug sit kragte by mekaar en doen opknappings werk by Rooi kruis oue te huis.

Kempton Park

  • AfriForum Kempton Park neem deel die maandelikse Mashakane operasie saam met SAPD en ander rolspelers
  • AfriForum Kempton Park se Jeug deel lekkers uit by skole vir moedertaal dag

MPUMALANGA

Nelspruit

  • AfriForum se Nelspruit-buurtwag handhaaf gereelde patrollies gedurende Februarie.
  • AfriForum se Cairn Burnside – plaaswag handhaaf gereelde patrollies gedurede Februarie.
  • AfriForum se Nelspruit-buurtwag hou ‘n sigbaarheidspatrollie in samewerking met Hi-tech Nelspruit en verskeie ander Veiligheids rolspelers.
  • AfriForum se Nelspruit-tak in samewerking met Wecare4Nelspruit maak die R40 skoon Vanaf die Engen vulstasie in Ou Pretoria we , tot by die Westend Winkelsentrum.
  • AfriForum se Nelspruit-tak in samewerking met Wecare4nelspruit vul slaggate vanaf die Bateleur afdraai tot by die Shell Vulstasie in Ferreira straat.
  • AfriForum se Nelspruit-buurtwag help tydens patrollies by verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • AfriForum Se Nelspruit Buurtwag staan polisie by tydens die arrestasie van ‘n misdaad sindikaat.

Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag handhaaf gereelde patrollies gedurende Januarie.
  • AfriForum se Witrivier tak verskaf slaggat opleiding aan WeCare4Nelspruit.

Lydenburg.

  • AfriForum se Lydenburg-buurtwag handhaaf gereelde patrollies gedurende Februarie.
  • AfriForum se Lydenburg-Buurtwag help tydens patrollies by verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering.

Belfast

  • AfriForum Belfast se noodwaterpunte funksioneer suksesvol tydens watertekorte in die dorp.
  • AfriForum se Belfast-tak diens 10 asblikke elke week om die dorp se netheid te verbeter.

Machadodorp

  • AfriForum se Machadodorp-buurtwag handhaaf gereelde patrollies gedurende Februarie.

Bethal

  • Bethal AfriForum tak se waterpunt is slaggereed om mense by te staan as die water toevoer af is..
  • AfriForum se Bethal tak se groentetuin projek het aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal asook in omliggende dorpe.
  • AfriForum Bethal en Skip Go Teksa diens 30 asdromme in die dorp elke week.
  • AfriForum se Bethal tak het slaggate herstel op verskeie plekke in die dorp.
  • AfriForum se Bethal tak het slaggate herstel in Hoëveld laan en Stella Laan
  • AfriForum se Bethal tak het gehelp om die gras te sny by die Bethal Polisiestasie.

Secunda

  • AfriForum se Teks buurtwag het met verskeie ongelukke bystand gebied.

Ermelo

  • AfriForum se Ermelo buurtwag het saam met Mpumalanga Veiligheid ‘n begraafsplaas patrollie geloods.
  • AfriForum se Ermelo buurtwag het op twee insidente gereageer waar verdagtes gearresteer is.

Middelburg

  • AfriForum se Middelburg tak het ‘n yskas geskenk aan die SAVF tehuis op Middelburg.

Standerton

  • AfriForum se Standerton tak het die Voetspore monument skoongemaak.
  • AfriForum se Standerton buurtwag het verhoogde sigbaarheid getoon met operasie Kerskous.

Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief tak het saam met die gemeenskap van Piet Retief verskeie strate herstel.
  • AfriForum se Piet Retief buurtwag het ‘n gesteelde minibus taxi help terugvind tesame met die plaaslike SAPD en Pieties buurtwag.

Mpumalanga

  • AfriForum se Mpumalanga  buurtwagte het saam gespan om die ATDF stakings te help beheer en voertuie te beskerm.
  • AfriForum se Mpumalanga Koördineerder het tesame met verskeie plaaswagte en die SAPD gehelp om ‘n verdagte vas te trek wat betrokke was by ATM rowe.

LIMPOPO

Limpopo takke neem deel aan die GOP projek en aan die vullistereinoudit

Warmbad

  • AfriForum se Warmbad-tak en buurtwag hou gemeenskap vergardering en sluit lede by die buurtwag aan.

Naboomspruit

  • AfriForum se Naboomspruit-tak en die ruk naboom reg projekspan herstel slaggate in Golfpark Meeu straat.

Musina

  • AfriForum se Musina-tak en buurtwag staan huisgesin by met huisinbraak en reageer saam met SAPD en arresteer persone hierby betrokke.

MarbleHall

  • AfriForum se MarbleHall-tak en buurtwag ry n totaal van 93 patrollies.
  • AfriForum se MarbleHall-jeug tak hou n bewusmaking aksie by die spar en sluit lede aan.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die tak se jeugvleuel het op Valentynsdag paaseiers by die ouetehuis uitgedeel.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery en bystand verleen met die arrestasie van drie verdagtes vir die besit van gesteelde goedere.
  • Die buurtwag se protospan het aan ’n skietkompetisie deelgeneem en die algehele 4de plek behaal.
  • Die buurtwag het gehelp met die arrestasie van ’n verdagte wat voertuie se afstandbeheerkontroles versteur het. Daar is ook beslag gelê op die toestel waarmee die versteurings uitgevoer is.
  • Die tak het instandhouding aan die pyp wat riool uit die rivier moet hou, gemoniteer.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die tak het 64 sakke teer aan sy lede beskikbaar gestel om slaggate op te vul.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 33 ha gras gesny en ’n gebied van 8 917 m² skoongemaak.
  • Die tak het die kinderhuise in die dorp bederf. Die seuns het knortjorre gery en die meisies is gegrimeer en het koekies versier.
  • Die tak het 73 slaggate opgevul en 56 sakke teer daarvoor gebruik.

ROSESTAD

Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het met vullisverwydering in die stad gehelp.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het die President Brand-begraafplaas in die stad skoongemaak.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het die Brits-monument in die stad skoongemaak.

Pellissier

  • Die tak het die AfriForum-parkie skoongemaak.
  • Die tak het sypaadjies skoongemaak.
  • Die tak het teddiebere help insamel vir kinders met kanker.
  • Die tak het die AfriForum-parkie se gras gesny deur die tak se trekker te gebruik.
  • Die tak het die Brandkop-bewaringsgebied se gras met die tak se trekker gesny sodat dit netjies kon lyk vir ’n pretloop wat daar gehou is.
  • Die tak het twee byeneste in die AfriForum-parkie verwyder.
  • Die tak het vullissakke in ’n gedeelte van die buurt verwyder ná talle klagtes daaroor ontvang is.

Fichardtpark

  • Die tak het stormwaterdreine skoongemaak.
  • Die tak het teddiebere help insamel vir kinders met kanker.
  • Die buurtwag se patrolleerders het bloed geskenk.
  • Die tak is tans besig met algehele vullisverwydering in Fichardtpark en word bygestaan deur Waste Retrievers.

Hospitaalpark

  • Die tak het sypaadjies skoongemaak.
  • Die tak het teddiebere help insamel vir kinders met kanker.

Uitsig

  • Die tak het die park skoongemaak.
  • Die tak het teddiebere help insamel vir kinders met kanker.

Langenhovenpark

  • Die tak het velde skoongemaak.
  • Die tak was bedrywig met ’n roosboomprojek.
  • Die buurtwag het bystand gebied met die suksesvolle arrestasie van kabeldiewe.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het die parkie in Lucas Steynstraat skoongemaak.
  • Die tak het die veld agter Heuwelsig Spar skoongemaak.
  • Die tak het die park in Hillsboro skoongemaak.
  • Die tak het verkeerstrepe op die paaie oorgeverf.

Bloemfontein-Noord

  • Die Bloemfontein-Noord- landelike buurtwag het ’n kabeldief suksesvol gearresteer.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die tak het hande met plaaslike sakeondernemings gevat om weer hoop te skep en ’n verskil te maak deur onder meer ’n volhoubare slaggatherstelprojek van stapel te stuur. Die tak het tot op hede reeds 31 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul in ’n poging om die toestand van die dorp se paaie te verbeter.

Frankfort

  • Die Mafube Plaaslike Munisipaliteit het ’n tweede keer in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein bloedneus gekry nadat hulle geappelleer het teen ’n dringende interdik wat AfriForum in Julie 2021 teen hulle gekry het om Frankfort se rioolinfrastruktuur in stand te hou. Die plaaslike munisipaliteit se verlof tot appèl is met koste van die hand gewys.

Welkom

  • AfriForum het dringend opgetree om rioolpype te ontblok. Die tak het Fouche Loodgieters aangestel om verskeie mangate en verstopte rioolpype in Riebeeckstad te ontblok en skoon te maak. Dít volg nadat inwoners van Riebeeckstad AfriForum genader het met klagtes oor rou riool wat op sommige plekke hul erwe en strate oorspoel.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou en gedurig verdagte persone, verdagte voertuie, gesteelde vee ensovoorts gerapporteer.

Klerksdorp

  • Die tak het die dorp se water in drie verskillende woonbuurte vir ingewandskoors getoets; al die uitslae was egter negatief.
  • Die tak het die konsentrasiekampkerkhof in stand gehou.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 187 aktiewe patrolleerders het 320 patrollies deur die loop van die maand gery. Altesaam 6 102 km is in 556 manure afgelê. Die buurtwag het ook met agt lede gegroei.
  • Die tak is besig met talle plaaslikeregeringsakekwessies waar die munisipaliteit nie sy kant bring nie.
  • Die tak het deur die loop van die maand 80,94 m² se slaggate opgevul en 245 sakke teer daarvoor gebruik.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om probleme in die dorp aan te pak en oplossings daarvoor te vind.
  • Die buurtwag het 128 patrollies gery en 4 478 km afgelê.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens vier arrestasies.
  • Die buurtwag het 13 voorvalle hanteer waar die SAPD nie kon nie.
  • Die buurtwag het gehelp met die opvul van slaggate by ’n plaaslike skool.

Orkney

  • Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Stilfontein-buurtwag aan ’n sigbaarheidspatrollie in Stilfontein deelgeneem.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak het gras langs verskeie strate gesny.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery.
  • Die tak het ’n petisie van stapel gestuur teen die gebrek aan dienslewering in die munisipaliteit.
  • Die tak het strate geskraap en algemene herstelwerk aan die paaie verrig.
  • Die tak het gras gesny in Van Riebeeckstraat.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek voortgesit en deur die loop van die maand op Arendweg en Sparrowlaan gefokus. Altesaam 3 ha gras is gesny en 13 vragte rommel en tuinvullis is verwyder. 

Brits

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog. Die massapatrollie het hoofsaaklik op die dorpsgebied gefokus. 50 patrolleerders in 28 voertuie het tussen 19:00 en 01:30 altesaam 960 km tydens die patrollie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Lichtenburg

  • Taklede het 350 sakke teer gebruik om 190 slaggate in Kerkstraat op te vul.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het begin om druk uit te oefen sodat ’n groter onus op veediefstal geplaas word.
  • Die tak het verskeie navrae aan die Valke gerig rakende korrupsie.
  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Utrecht

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit in die dorp uitgevoer.

Vryheid

  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor water- en elektrisiteitsprobleme.

Paulpietersburg

  • Die tak het verskeie patrollies gehou om hul gemeenskap te beskerm.
  • Die tak het druk op die Departement van Vervoer geplaas om slaggate op die R33 op te vul.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit in die dorp uitgevoer.

Pongola

  • Die tak het herstelwerk by die plaaslike vliegveld gedoen.
  • Die tak het hope en hope vullis uit die dorp verwyder.

Amanzimtoti

  • Die tak het geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-voorstelle ingedien met betrekking tot die gemeenskap se behoefte aan meer verkeersligte op ’n besige straat.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het verskeie dorpe in samewerking met Leo Prinsloo besoek om skietopleiding aan gemeenskapslede te bied. Dit is gedoen om mense paraat te maak sodat hulle voorkomend kan optree in noodsituasies. Die opleiding is vir inwoners van Orania, Modderrivier, Douglas, De Aar en ander veiligheidsgroepe aangebied.
  • Taklede het gehelp met die verskuiwing van ’n voedselskenking van Solidariteit Helpende Hand se plaaslike Josef Silo na Orania Helpmekaar, ’n welsynsorganisasie op Orania wat na minderbevoorregte mense omsien. Meer as 3 ton voedsel is verskuif.

Delportshoop

  • AfriForum het ’n gemeenskapsvergadering op Delportshoop gehou waartydens ’n loodskomitee verkies is.

Kimberley

  • Die tak het deurlopend vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullis in die stad te verwyder.
  • Die takbestuur het die belastingbetalers se gemeenskapsvergadering bygewoon; die tak probeer sodoende om ’n aktiewe rolspeler in die stad te wees.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het gras gesny by die Hartswater-polisiestasie se honde-eenheid.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Warrenton

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens uitdagings in die dorp bespreek is, asook die tak se deelname aan die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-proses.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Prieska

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kamiesberg

  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas rakende die waterprobleme in die dorp. Die oorsaak van dié probleme is wanbetalings deur die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit.
  • Die tak het gereeld die dorp se strate skoongemaak deur vullis op te tel en dit weg te ry na die vullisterrein.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld Fit-It se parkeerterrein skoongemaak en die bome natgelei wat taklede in die parkeerterrein aangeplant het.

Keimoes

  • AfriForum se Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak maak weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel – wat ook ’n nasionale monument is – skoon. Die vullis word dan na die vullisterrein weggery, waarna die gras gesny en beddings skoongemaak word.
  • Die tak betaal maandeliks ’n werker wat die badkamers by die waterwiel daagliks skoonmaak.
  • Die tak sny gras, snoei bome en tel vullis op een keer per week by ’n plaaslike park sodat die gemeenskap weer die park kan gebruik.

Kuruman

  • Die buurtwag het in samewerking met die Bankhara-buurtwag deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aanhoudend druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestand van die dorp se paaie, asook water- en rioolprobleme in die dorp.
  • Die tak het die SAPD bygestaan om diewe vas te trek.

Springbok

  • Die tak het ’n park en strate rondom die park skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas oor aanhoudende water- en elektrisiteitsprobleme in die dorp.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die toestand van die paaie in die dorp.

Upington

  • Die tak het 30 kg hoender, 40 kg wors en 100 kg roomys aan sopkombuise en die Jogebed-kinderhuis geskenk.
  • Die tak het 300 brode aan sopkombuise in die dorp geskenk.
  • Die tak het gehelp met die verwydering van vullis by die Laerskool Oranje-Noord.
  • Die tak skenk deurlopend aandag aan die dorp se rioolprobleme en meld dit by die munisipaliteit aan.
  • Die tak skenk deurlopend aandag aan die swak toestand van die paaie en gebarste varswaterpype en meld dit by die munisipaliteit aan.

Williston

  • Die tak het gereorganiseer.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Elliot

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens uitdagings in die dorp bespreek is, asook die tak se deelname aan die GOP-proses.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Port Elizabeth

  • AfriForum se Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het slaggate in die woonbuurte Walker Drive en Sherwood opgevul.
  • Die tak het ’n uitreikprojek gehou waartydens joghurt aan kinders uitgedeel is.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

Kraaifontein

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoonmaakprojek agter die begraafplaas in Langebaan van stapel gestuur en onder meer nege swartsakke rommel opgetel en verwyder.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniqua- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n gesellige byeenkoms gehou waartydens opleiding aangebied en ’n hommeltuigdemonstrasie gedoen is.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Albertinia-plaaswag het gehelp om kabeldiewe vas te trek.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het saam met ander groepe ingespring om sypaadjies, strate en oop ruimtes in die dorp skoon en netjies te help maak. Bossies is uitgeskoffel en rommel is opgetel en verwyder.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings