TAKSUKSESSE: JANUARIE 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die buurtwag het rivier- en damvlakke gemoniteer om die gemeenskap vroegtydig te waarsku van enige gevaar.

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met verskeie projekte.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n arrestasie vir dwelmmisbruik.
  • Die tak het ’n lid van die gemeenskap gehelp nadat dié se voertuig langs die pad gaan staan het.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het op ’n liggaam afgekom aan die voet van die Magaliesberg naby die HTS John Vorster.
  • Die buurtwag het help soek na ’n vermiste persoon.
  • Die tak het gehelp om ’n boom uit die pad te verwyder.
  • Die buurtwag het Operasie Pitbull gehou; dié operasie het op die bekamping van dwelmhandel gefokus.
  • Die buurtwag het Operasie Luidier gehou; dié operasie het op die bekamping van misdaad in die Moot gefokus.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het twee arrestasies naby die reservoir uitgevoer.
  • Die tak het nuwe kameras geïnstalleer.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoolpatrollie gehou.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • het die twee parke in Centurion wat hulle deur die Adopt-a-Spot-projek aangeneem het, onderhou. Die tak het ’n week by Montaque Kneen Park en ’n week by Furman Park spandeer waartydens gras gesny en vullis verwyder is.
  • Die tak het verskeie gebiede in Doornkloof, Centurion skoongemaak. Talle navrae is vanuit die gemeenskap oor die toestand van sekere areas in dié gebied gerig en daarom het die tak ingespring en gras gesny en vullis verwyder.

Pretoria-Wes

  • Die tak het tydens die feesseisoen saam met gemeenskapslede verskeie gebiede in Danville skoongemaak. Dié tak het ook einde 2021 verskeie nuwe toerusting aangekoop om taklede toe te rus om in die toekoms meer skoonmaakprojekte in die omgewing aan te pak. Hierdie toerusting sluit bossiekappers, kettingsae, ’n grassnyer en ander masjinerie in.
  • Die nuwe toerusting is tydens die feestyd ingespan om Danville skoon te maak. Gras is gesny, sakke vol vullis is verwyder, sypaadjies is skoongemaak en skoongespuit, onkruid is uitgetrek en bome wat jare terug omgeval het, is in kleiner dele opgesaag en verwyder.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die tak het in samewerking met die Krugersdorp-gemeenskap begin om die Bob van Reenen-stadion skoon te maak en herstelwerk te doen.
  • Die buurtwag het saam met verskeie ander rolspelers in die veiligheidsindustrie ’n massapatrollie gehou.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand gelewer tydens die arrestasie van kabeldiewe.
  • Die buurtwag het ’n persoon bygestaan wat selfmoord wou pleeg.
  • Die buurtwag het die Nanescol-gemeenskap ondersteun tydens vloede in dié woonbuurt.
  • Die buurtwag het vlugtig gereageer tydens twee huisbrake.
  • Die buurtwag het bystand gebied met hul hommeltuig nadat ’n gewapende rower in die Vaalrivier by Parys gespring het.
  • Die buurtwag het bystand gelewer aan ’n soek-en-redding-span, die publiek, die SAPD en polisieduikers nadat ’n kanoroeier op die Vaalrivier net onder die Vaaldam verdwyn het.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op twee ongelukstonele.
  • Die tak het nege klagtes rakende kragonderbrekings aangemeld.
  • Die tak het ’n klagte aangemeld nadat bome in die pad omgeval het.
  • Die tak het twee klagtes aangemeld oor riool wat in inwoners se erwe vloei.
  • Die tak het twee klagtes aangaande waterlekkasies aangemeld.
  • Die tak het danksy sy volhoubare skoonmaakprojekte nege velde skoongemaak.

Fochville

  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap die Voortrekkergedenkmonument skoongemaak.
  • Die buurtwag het bystand aan die SAPD gebied tydens ’n operasie om onwettige goudwassery deur die Zama Zama- onwettige myners hok te slaan; drie arrestasies is gemaak. Die tak het ook saam met die SAPD op ’n depot toegeslaan waar gesteelde diesel gestoor is.

Heidelberg

  • Die buurtwag het help soek na ’n vermiste persoon wat gekaap is maar uiteindelik weer opgespoor is. Twee kapings het in die omgewing plaasgevind en is uitgevoer deur persone wat hulle as SAPD-lede voorgedoen het. Persoonlike items en ’n sleepwa is later teruggevind.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om ’n substasie skoon te maak. Twee weke later is vullis in ’n veld ontdek, waarna die tak weer eens druk toegepas het dat dit verwyder moet word.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n verdagte vas te trek wat in 2021 by ’n rooftog in Springs betrokke was.

Westonaria

  • Die tak het 11 klagtes van kragonderbreking aangemeld, waarna die kragtoevoer herstel is.
  • Die tak het ses klagtes van waterlekkasies aangemeld, waarna aandag daaraan geskenk is.
  • Die tak het ’n klagte rakende ’n rioolprobleem aangemeld; dit is uiteindelik herstel.
  • Die tak het ’n klagte ingedien teen foutiewe eiendomwaardasies; dit is tans besig om reggestel te word.

OOS-RAND

Benoni

  • Die tak het in Desember 6 210 km in 848 manure afgelê en in Januarie ’n verdere 3 169 km in 412 manure gepatrolleer.
  • Die buurtwag se aktiewe patrolleerders het bystand verleen tydens vyf inbrake.
  • Die tak het tussen Desember en Januarie agt projekte afgehandel, wat die volgende insluit: Opvul van slaggate, ’n verjaarsdagrit vir die langslewende Benoni-inwoner, ’n Kersfeesrit vir kinders vanuit die gemeenskap, asook ’n ontmoeting tussen taklede en rolspelers in die gemeenskap.

Germiston

  • Die buurtwag het tussen Desember en Januarie bystand op sewe ongelukstonele gebied deur nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 
  • Die tak het ses arrestasies gemaak met betrekking tot kabeldiefstal.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike rolspelers ’n groot aantal arrestasies tydens spesiale operasies uitgevoer.

Springs

  • Die tak het bystand verleen met die bestryding van ’n brand by ’n herwinningstasie. 
  • Taklede het noodhulp toegepas op twee tonele.
  • Die buurtwag het gehelp met die arrestasie van ’n verdagte wat by twee huisbrake betrokke was.
  • Buurtwaglede het verskeie operasies saam met die SAPD aangepak, waaronder padblokkades, ’n soektog na ’n vermiste persoon, asook ’n soektog na verdagtes wat by ’n gewapende rooftog betrokke was.
  • Die buurtwag het 340 manure se patrollies gehou.

Kempton Park

  • Die tak se gesondheidsentrum het weer dienste begin lewer.
  • Die tak het 13 van sy lede wat vir PSiRA-grade (E, D en C) ingeskryf het, opgelei en geassesseer. Die tak is tans besig met PSiRA-registrasie vir hulle.
  • Buurtwagpatrolleerders het oor naweke veiligheidsoperasies saam met die SAPD in Kempton Park gehou.
  • Buurtwagpatrolleerders het in samewerking met die SAPD aan ’n spesiale operasie (smash & grab) in C.R. Swartrylaan deelgeneem.

MPUMALANGA-OOS

Nelspruit

  • Die buurtwag het talle patrollies gehou.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous. 
  • Die buurtwag het in samewerking met Nelspruit Concerned Citizens ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit die R40 vanaf die Engen-vulstasie in Ou Pretoriaweg tot by die Westend-winkelsentrum skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit Village Park in Ferreirastraat skoongemaak.
  • Die buurtwag het tydens patrollies bystand op verskeie ongelukstonele gebied deur die verkeer te reguleer en met toneelhantering te help.

Witrivier

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous. 
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou.
  • Die buurtwag se protospan het op ’n noodoproep gereageer wat verband hou met ’n aanrandingsvoorval. Die protospan het tydens die voorval mediese hulp aan die slagoffer verskaf.

Lydenburg

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

Belfast

  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig.
  • Die tak diens weekliks tien vullisdromme om die dorp se netheid te verbeter.

Machadodorp

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous. 

Malelane

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

Dullstroom

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous. 

MPUMALANGA-WES

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek voorsien in die behoeftes van verskeie organisasies en tehuise in Bethal, asook in omliggende dorpe.
  • Die tak en Skipgo Teksa diens gesamentlik weekliks 30 vullisdromme in die dorp.
  • Die tak het slaggate opgevul in verskeie woonbuurte.
  • Die tak het die reuseslaggat op die Nestlé-brug opgevul nadat verskeie voertuie skade opgedoen het wat deur die gat gery het.
  • Die tak het die Nestlé-driehoek skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om die gras voor die Bethal-polisiestasie te sny.
  • Die tak het ’n stopteken herstel by ’n gevaarlike kruising in die dorp.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het bystand gebied op talle ongelukstonele.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.
  • Die buurtwag het toerusting in ontvangs geneem wat gebruik word om slange te vang en die gemeenskap gevolglik te beveilig.

Ermelo

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die sabotasie van noodsaaklike infrastruktuur te verhoed.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

Middelburg

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.
  • Die tak het verskeie skoonmaakprojekte naby die Gebedsoond in die dorp van stapel gestuur.

Standerton

  • Die tak het die Voetsporemonument skoongemaak.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

Delmas

  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.
  • Die Argent-plaaswag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

Piet Retief

  • Die tak het in samewerking met die Piet Retief-gemeenskap verskeie strate herstel.
  • Die buurtwag het verhoogde sigbaarheid tydens die feesseisoen gehandhaaf danksy Operasie Kerskous.

LIMPOPO

Warmbad

  • Sowel tak- as buurtwaglede het die ingange na die dorp skoongemaak.
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou.

Naboomspruit

  • Die tak het in samewerking met ander organisasies vele skoonmaakprojekte op ’n volhoubare basis gehou in ’n poging om die dorp reg te ruk.

Phalaborwa

  • Die tak het saam met ander organisasies gewerk om ’n voedselprojek van stapel te stuur.
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur en by die bosse in Tulbachstraat begin.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het nagenoeg 40 patrollies deur die loop van die maand gehou.

Klerksdorp

  • Die tak het ’n hommeltuig aangekoop.
  • Die tak het ’n nuwe bestuurspan verkies.
  • Die tak het instandhoudingswerk by die konsentrasiekampkerkhof verrig.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek van stapel gestuur en inwoners daarby betrek.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 338 patrollies is tussen 23 Desember en 22 Januarie deur 183 aktiewe patrolleerders gery. Altesaam 6 550 km is in 574 manure afgelê.
  • Die tak het talle kwessies rakende plaaslikeregeringsake aangepak en dit met die munisipaliteit bespreek.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om probleme in die dorp aan te pak.

Orkney

  • Die buurtwag het aan ’n groot skoonmaakprojek in die dorp deelgeneem.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak het ’n nuwe bestuurspan verkies.
  • Die tak het slaggate opgevul en gras op verskeie sypaadjies en middelmanne gesny.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery.
  • Die tak het slaggate opgevul; 130 sakke teer is daarvoor gebruik.
  • Die tak het die plaaslike laerskool gehelp om hulle sportterrein skoon te maak, terwyl die Boeresaal op die dorp ook skoongemaak is.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek in verskeie gebiede van die dorp voortgesit. Die span het gefokus op Safari Tuine en Waterval-Oos, terwyl hulle ook uitgereik het na Spes Bona-tehuis vir gestremdes. 40 vragte rommel en tuinvullis is in Januarie verwyder.

Brits

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in die dorp te verhoog tydens die feesseisoen. Die doel van die patrollie was om misdaad hok te slaan deur verhoogde sigbaarheid te handhaaf. Altesaam 107 patrolleerders het in 55 voertuie 1 979 km tydens die patrollie afgelê. Die patrollie het plaasgevind van 21:00 die aand tot 04:00 die volgende oggend.
  • Die buurtwag het verskeie suksesse behaal. Buurtwaglede het op drie huisbrake en ’n aanrandingsvoorval gereageer, terwyl hulle ook die SAPD gehelp het om verdagtes vas te trek wat vir ’n bedrogsaak gesoek is. Altesaam 12 arrestasies is gedurende die maand gemaak danksy die buurtwag se flink optrede.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die tak se jeugvleuel het vullis langs die dorp se strate opgetel.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery en ook bystand verleen met die arrestasie van een verdagte vir die onwettige besit van ’n gevaarlike wapen.
  • Die tak moniteer steeds die werkery aan die pyp wat riool uit die rivier moet hou.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 2,6 ha gras deur die loop van die maand gesny.

ROSESTAD

Algemeen

  • AfriForum se takke in Bloemfontein het die Brits-monument skoongemaak.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het die Pres. Brand-begraafplaas skoongemaak.

Wilgehof

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.

Pellissier

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.

Uitsig

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.

Fichardtpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.

Hospitaalpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.

Langenhovenpark

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om die woonbuurt skoon te maak.
  • Die tak het die eilande in Du Plessisweg aangeneem en neem nou verantwoording vir die skoonmaak daarvan, terwyl die tak ook die instandhouding van roosbome as ’n volhoubare bemarkingsprojek geïdentifiseer het.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het kontrakteurs (Anchor of Hope) aangestel om skoonmaakwerk te verrig as deel van twee volhoubare projekte wat by twee parke in onderskeidelik Lucas Steynweg en Hillsboro van stapel gestuur is.

KWAZULU-NATAL

Paulpietersburg

  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het voorstelle ingedien vir die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Sodwana

  • Die tak het voorstelle ingedien met betrekking tot ’n geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir ’n vullisterrein.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het voorstelle ingedien met betrekking tot ’n geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir ’n vullisterrein en nuwe strate.

Margate

  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir waterprobleme in die dorp te vind.

Newcastle

  • Die tak het die Amajuba Distriksmunisipaliteit op terme geplaas om die watertoevoer na Hattingspruit te herstel.

Pongola

  • Die tak het proaktiewe patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit aangespreek oor die gebrek aan netheid in die dorp.
  • Die tak het druk op die Zululand Distriksmunisipaliteit uitgeoefen om watertoevoer na die dorp te herstel.
  • Die tak het verskeie gebiede in die dorp skoongemaak.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het ’n veldtog oor waterveiligheid onder skoliere van stapel gestuur weens stygende riviervlakke in die omgewing. Die veldtog behels die verspreiding van inligtingspamflette by verskeie skole in die streek, terwyl daar in Orania in samewerking met Orania Veiligheidsdienste deurlopend praatjies oor waterveiligheid by die Orania CVO Skool en die Volkskool Orania aangebied word.

Kimberley

  • Die tak het gereeld self vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om sy plig ná te kom en vullis in die stad te verwyder.
  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers in die gemeenskap sowat 100 glase aan die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal geskenk.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het mussies aan Huis Theresa in Hartswater geskenk.

Warrenton

  • Die tak het begin om die dorp se ingang skoon te maak.
  • Die tak het plaaslike ondernemings met middagetes bederf.

Prieska

  • Die tak het sy jaarlikse Geloftefees gehou en daarmee saam ook ’n kranslegging.

Kamiesberg

  • Die Kamieskroon-tak het druk op die munisipaliteit geplaas rakende water- en kragprobleme wat veroorsaak is as gevolg van ’n gebrande kabel onder ’n pad in die middedorp.
  • Die Kamieskroon-tak het gereeld vullis in die dorp se strate opgetel en dit na die vullisterrein weggery.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om grondbesetters in die middedorp te verwyder.
  • Die tak het die parkeerterrein van Fit-It gereeld skoongemaak en die bome natgelei wat die tak daar geplant het.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak maak weekliks die dorp se hoofstraat skoon, asook die gebied rondom die waterwiel, wat tot ’n nasionale monument verklaar is. Daarna ry taklede die vullis weg na die vullisterrein, sny gras en maak die beddings skoon.
  • Die tak sorg dat die badkamers by die waterwiel, wat deur talle toeriste besoek word, daagliks skoongemaak word.
  • Die tak staan een dag per week af om gras te sny, bome te snoei en skoon te maak rondom die plaaslike park sodat die gemeenskap dit kan gebruik en geniet.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen om oplossings te vind vir probleme met paaie, water en riool in die dorp.

Springbok

  • Die tak het die park en strate rondom die park skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas oor water- en kragprobleme wat in die dorp ondervind word.

Upington

  • Die tak het 600 kg hoender aan sopkombuise in die dorp geskenk.
  • Die tak het 250 brode aan sopkombuise in Upington geskenk.
  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand tien skooltassies aan skole in die dorp geskenk.
  • Die tak het gereeld aandag geskenk aan rioolprobleme in die dorp en dit ook onder die munisipaliteit se aandag gebring.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan probleme met betrekking tot paaie wat in ’n swak toestand is en varswaterpype wat bars; die tak het dit ook by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het gehelp om ’n ou, vervalle gebou langs die APD Skool vir Gestremdes af te breek aangesien skelms en dwelmverslaafdes dit as skuiling gebruik het.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die nuwe jaar op ’n positiewe noot afgeskop deur ’n skoonmaakprojek in Parow by George Starke Park in Frieslandstraat van stapel te stuur.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers aan ’n uiters suksesvolle massapatrollie deelgeneem.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se nuutverkose bestuur het hulp verleen aan verskeie rolspelers wat betrokke was by die bestryding van die verwoestende brande tussen Kleinmond en die Arabella-gholflandgoed.
  • Die Alfa-buurtwag het in samewerking met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsrolspelers gehelp om ’n verdagte vas te trek nadat die verdagte twee stappers in Onrus aangeval het, asook by ’n huisroof betrokke was.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Strand Patrol-buurtwag Kersgeskenke aan 246 kinders uitgedeel tydens die feesseisoen.
  • Die Strand Patrol-buurtwag het ’n suksesvolle massapatrollie in samewerking met ander veiligheidsrolspelers in die omgewing aangepak en verskeie voorvalle suksesvol hanteer. 

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniqua- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kaap Agulhas

  • Die tak het sy eerste volhoubare projek afgeskop deur betrokke te raak by die skoonmaak en skoonhou van die strandgebied in Struisbaai. Twee groot vullisdromme wat van herwinbare plastiek vervaardig is, is aangekoop en aan die projek geskenk.
  • Die tak het ’n ruim bydrae aan die Laerskool Bredasdorp gemaak wat aangewend is om die kamerastelsel van die skool op te gradeer en sodoende die leerders se veiligheid te verbeter.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare projek deur die laning bome in Parkweg te versorg en nat te lei.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • AfriForum het ’n tak in Swellendam gestig.

Soortgelyke plasings