TAKSUKSESSE: MAART 2022

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die tak se jeugvleuel het aan AfriForum se monumentouditprojek deelgeneem en drie monumente geoudit.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery.
  • Die tak het die herstelwerk aan die pyp wat die riool uit die rivier moet hou gemoniteer.
  • Die tak het die munisipaliteit tot einde Maart tyd gegun om die rioolprobleem in Kgotsong op te los en sal dit opvolg indien nodig.

Heilbron

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering in ’n swart woonbuurt bygewoon met die doel om saam met die res van die gemeenskap klagtes aan die burgemeester deur te gee.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 28 ha gras gesny en ’n gebied van 3 m² skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om ’n veldbrand te blus en sodoende ’n aantal voerbale gered.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die tak het hande met plaaslike sakeondernemings gevat om weer hoop te skep en ’n verskil te maak deur ’n volhoubare slaggatherstelprojek van stapel te stuur. Die tak het tot op hede reeds 37 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul in ’n poging om die toestand van die dorp se paaie te verbeter.

Frankfort

  • AfriForum het uitslae ontvang wat bevestig dat die water in Frankfort nie vir menslike gebruik geskik was nie. Toetse het getoon dat hoë vlakke E. coli, asook fekale kolivorme in die water teenwoordig was. AfriForum het die munisipaliteit gevolglik op terme geplaas. Ná opvolgtoetse is egter vasgestel dat die water nou weer skoon is en vir menslike gebruik geskik is.

ROSESTAD

Algemeen

  • Die Bloemfontein-takke het ’n volhoubare skoonmaakprojek by die Brits Monument van stapel gestuur as deel van erfenisbewaring.
  • Die takke in Bloemfontein het ’n volhoubare skoonmaakprojek by die Pres. Brand-begraafplaas geloods as deel van erfenisbewaring.
  • Die Bloemfontein-takke het vullisterreinoudits by al die vullisterreine in Bloemfontein, Dealesville en Boshof uitgevoer.
  • Die takke in Bloemfontein het monumentoudits by die Brits Monument, Pres. Brand-begraafplaas en die Anglo-Boereoorlogmuseum uitgevoer.
  • Die Bloemfontein-takke het in samewerking met Anchor of Hope volhoubare vullisverwyderingsdienste gelewer.
  • As deel van AfriForum se monumentouditprojek, asook om erfenisbakens te bewaar het die organisasie R10 000 aan die plaaslike Voortrekkers geskenk vir die herstel van die Doornkloof-kampterrein wat deur oorstromings beskadig is.

Pellissier

  • Die tak het saam met Anchor of Hope die AfriForum-parkie skoongemaak en die gras daar gesny.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om vullis op te tel.

Wilgehof

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om die gras in die Wilgehof-parkie te sny.
  • Die tak het bystand aan die gemeenskap gebied tydens ’n waterkrisis deur sy noodwaterpunt aan die publiek beskikbaar te stel.

Langenhovenpark

  • Die tak het ’n suksesvolle gemeenskapsvergadering gehou.
  • Die tak het instandhouding in Du Plessisstraat gedoen en die gras gesny.
  • Die tak het die gras by die parkie in Karl Kielblockstraat gesny.
  • Die tak het die gras by die parkie in CM van den Heeverstraat gesny.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt by die N.G. Kerk Langenhovenpark in Boerneefstraat opgerig.
  • Die tak het bystand aan die gemeenskap gebied tydens ’n waterkrisis deur sy noodwaterpunt aan die publiek beskikbaar te stel.

Uitsig

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat vullis opgetel en weggery het.
  • Die tak het bystand aan die gemeenskap gebied tydens ’n waterkrisis deur sy noodwaterpunt aan die publiek beskikbaar te stel.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het saam met Anchor of Hope ’n volhoubare skoonmaakprojek by drie parke in Hillsboro en Heuwelsig gehou deur onder meer gras te sny.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van ’n veldbrand in Heuwelsig.

Bloemfontein-Noord

  • Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand bystand aan Siësta-aftreeoord gebied tydens ’n waterkrisis.

Fichardtpark

  • Die tak het in samewerking met Isuzu bystand aan die gemeenskap gebied tydens ’n waterkrisis deur sy noodwaterpunt aan die publiek beskikbaar te stel.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat vullis opgetel en weggery het.

Hospitaalpark

Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat vullis opgetel en weggery het.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het nagenoeg 40 patrollies deur die loop van die maand gehou en gedurig verdagte persone, verdagte voertuie en gesteelde vee gerapporteer.

Klerksdorp

  • Die tak het die konsentrasiekampkerkhof in stand gehou.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery; 192 aktiewe patrolleerders het in totaal 289 patrollies gery. Altesaam 5 167 km is in 483 manure afgelê. Die buurtwag het ook met vyf lede gegroei.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek.
  • Die tak het 35 m² se slaggate met 110 sakke teer opgevul.
  • Die tak het boeresport by die Geesfees aangebied.
  • Die tak het in samewerking met ander instansies indringerplante uit die Mooirivier verwyder.
  • Die tak het agt eikebome in die historiese Eikelaning geplant waar bome gevrek het.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het patrollies gery en talle kilometers afgelê.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met talle arrestasies.
  • Die buurtwag het talle voorvalle hanteer waar die SAPD nie kon nie.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gery.
  • Die tak het gras langs verskeie strate gesny.
  • Die tak vorm deel van Herotel se inisiatief om die dorp skoon te maak en het Voortrekkerstraat gevolglik getakel.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery.
  • Die tak het ’n petisie geloods teen die munisipaliteit se gebrek aan dienslewering.
  • Die tak het gras gesny in Leask- en Vredestraat.

MARICO

Lichtenburg

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Lettiestraat, Breëstraat en Le Rouxweg voltooi. Altesaam 179 slaggate is met ongeveer 5 ton teer opgevul. NWK het teer vir hierdie projek geborg en het ook toerusting beskikbaar gestel, terwyl AfriForum die arbeid vir die herstelwerk voorsien het.

Mooinooi

  • Die tak het ’n skrywe aan die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin hulle ’n aksieplan versoek om oplossings te bied vir die onwettige straatsmouse in die dorp se hoofstraat. Die tak het ook ’n petisie van stapel gestuur teen dié straatsmouse.

Coligny

  • Die tak het ’n aanmaningsbrief aan die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit gerig om druk op dié munisipaliteit uit te oefen om die onvoltooide rioolstelsel klaar te maak. Die tak het vroeër ’n petisie met betrekking tot die onvoltooide rioolstelsel in Coligny geloods, wat radelose inwoners steeds kan onderteken.

KWAZULU-NATAL

Margate

  • Die tak het die Ugu Distriksmunisipaliteit op terme geplaas om dringend antwoorde te verskaf oor hoe die munisipaliteit sy waterleweringsdienste gaan aanpak en watter planne in werking gestel sal word om dienste weer te normaliseer.

Vryheid

  • Die tak het verskeie voorstelle ingedien vir die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit. Hierdie proses moet jaarliks hersien word en gemeenskapslede is veronderstel om volgens die Munisipale Stelselwet die geleentheid te kry om voorstelle in te dien.

Hluhluwe

  • Die tak het verskeie voorstelle ingedien vir die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die Big Five Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit. Hierdie proses moet jaarliks hersien word en gemeenskapslede is veronderstel om volgens die Munisipale Stelselwet die geleentheid te kry om voorstelle in te dien.

Pongola

  • Die tak het verskeie voorstelle ingedien vir die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit. Hierdie proses moet jaarliks hersien word en gemeenskapslede is veronderstel om volgens die Munisipale Stelselwet die geleentheid te kry om voorstelle in te dien.

Richardsbaai

  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.

Paulpietersburg

  • Die tak het die munisipaliteit se GOP-vergadering bygewoon om die gemeenskap se insette te bespreek.

Utrecht

Die tak het verskeie voorstelle ingedien vir die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit. Hierdie proses moet jaarliks hersien word en gemeenskapslede is veronderstel om volgens die Munisipale Stelselwet die geleentheid te kry om voorstelle in te dien.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het sy veldtog oor waterveiligheid, wat in samewerking met Orania Veiligheidsdienste (OVD) aangebied is, by Volkskool Orania afgesluit. Dié tak het aan die begin van die jaar tydens die vloede inligtingstukke oor waterveiligheid en die gevare van in die rivier swem wanneer dit in vloed is by verskeie skole versprei en toesprake is by Orania CVO Skool en Volkskool Orania aangebied.
  • Die AfriForum Jeug-tak het tydens sy eerste takvergadering van die jaar gereorganiseer en ’n nuwe takbestuur aangewys.
  • Die tak het ’n wintergewastuinkompetisie in samewerking met Laeveld Agrochem, Orania Landbouvereniging, Radio Orania en Bo-Karoo Handel vir laerskool- en hoërskoolleerders in die dorp afgeskop om hul kennis en passie vir eie voedselproduksie te bevorder.
  • AfriForum Jeug se tak het ’n sokkie gehou ten bate van die dorp se netbalspan bestaande uit studente en jong werkendes en R1 150 vir die klub deur toegangsgeld ingesamel. Hulle het ook niebederfbare produkte ingesamel vir ’n welsynsprojek wat binnekort in samewerking met Orania Helpmekaar afskop.
  • AfriForum Gemeenskapsveiligheid het ’n inligtingstoespraak aangebied vir jongmense wat graag patrollie in die omgewing wil ry.

Delportshoop

  • AfriForum het ’n tak in Delportshoop gestig.
  • Die tak het die dorp skoongemaak.

Kimberley

  • Die tak het deurlopend self vullis in die stad verwyder, maar ook druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste te hervat.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan In die Laer deelgeneem.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentouditprojek deelgeneem.

Prieska

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentouditprojek deelgeneem.

Kamiesberg

  • Die tak het druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur aan die munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)-proses deel te neem deur kommentaar aan die munisipaliteit te stuur.
  • Die tak het deurlopend strate skoongemaak deur vullis op te tel en dit na die vullisterrein weg te ry.
  • Die tak het druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die dorp se watertekort en die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 26 buurtwaglede het deur die loop van die maand 2 600 km afgelê.
  • Die tak het deurlopend Fit-It se parkeerterrein skoongemaak, asook die bome natgelei wat taklede daar geplant het.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel – wat tot ’n nasionale monument verklaar is – skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery. Taklede het terselfdertyd gras gesny en tuinbeddings skoongemaak.
  • Die tak betaal maandeliks ’n persoon wat die badkamers by die waterwiel skoonmaak.
  • Die tak het gras gesny, bome gesnoei en algemene skoonmaakwerk in die dorp verrig.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas deur die GOP te voltooi en dit aan hulle aan te stuur.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend druk op die munisipaliteit uitgeoefen rakende die haglike toestand van die dorp se paaie, asook verskeie water- en rioolprobleme wat in die dorp ervaar word.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het ’n park en die straat waarin dit geleë is skoongemaak en die vullis daarna na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas rakende water- en kragprobleme in die dorp.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Upington

  • Die tak het sy #VegEnBou-ankerdorpprojek van stapel gestuur en die volgende gedoen:
    • Die tak het die tuine en beddings by die Upington-lughawe skoongemaak en die bome gesnoei.
    • Die tak het die sirkel en middelman op die hoofroete deur die dorp skoongemaak en die sproeiers vervang.
    • Die tak het herstel- en verfwerk gedoen aan die muur in Rondomstraat; dié muur verrig ’n veiligheidsdoel en maak ook deel uit van ’n stormwaterpyplyn onder die pad.
    • Die tak het die bome in Rondomstraat gesnoei en die gras gesny om voetgangers se veiligheid te verseker.
    • Die tak het die N14-ingang na die dorp vanaf Keimoes skoongemaak, die gras gesny, terwyl vullis ook opgetel en weggery is.
    • Die tak het Dr Nelson Mandelarylaan voor Pick n Pay skoongemaak en die bome gesnoei.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het gehelp met vullisverwydering voor die Laerskool Oranje-Noord.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan die rioolprobleem in die dorp en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het deurlopend aandag gegee aan die haglike toestand van die dorp se paaie, asook varswaterpype wat bars, en dit by die munisipaliteit aangemeld.

Williston

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het voor die plaaslike laerskool skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die tak het deurlopend self vullis verwyder en druk op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die dorp te hervat.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die tak het sy eie buurtwag gestig.
  • Die buurtwag het toerusting in ontvangs geneem.

Oos-Londen

  • AfriForum het ’n tak in Oos-Londen gestig.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het talle slaggate opgevul.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-projek deelgeneem.
  • Die tak het vullis verwyder wat onwettig in Sherwood gestort is.
  • Die buurtwag het een van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale monumentouditprojek deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Malmesbury

  • Die tak het met Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland Plaaslike Munisipaliteit, vergader rakende verskeie uitdagings wat die dorp se inwoners in die gesig staar. Moontlike samewerking is op verskeie fronte bespreek.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Alfa-buurtwag het in samewerking met HHP ’n verdagte persoon binne die Hermanus-gholflandgoed vasgetrek. Verskeie gesteelde items is ook teruggevind.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Strand Patrol-buurtwag verskeie bome en bosse by die Gants Plaza in Mynhardtstraat gesnoei om sodoende die gebied te help beveilig.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom-plaaswag en Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Hoekwil-plotwag het gebeurlikheidsplanne opgestel, terwyl plotwaglede hulself  ook vir potensiële onluste gemobiliseer het.
  • Die Hoekwil-plotwag het veiligheidstoerusting in ontvangs geneem.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuel van AfriForum se Mosselbaai-tak medaljes geborg tydens die Hartenbos-kleurpretloop.  

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n veiligheidsaand aangebied met Marnus Kamfer en Raymond Hohls as gassprekers.
  • Die tak het ’n sakeontbyt aangebied met Ernst Roets as gasspreker.
  • Die Albertinia-plaaswag het drie van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Kaap Agulhas

  • Die tak het toerusting aangekoop en deurlopend onderhoudswerk gedoen as deel van ’n gemeenskapsprojek om sportkleedkamers op te gradeer.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die jeugvleuel van AfriForum se George-tak medaljes geborg tydens die Hermanus-kleurpretloop.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het druk op die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur aan die munisipaliteit se GOP-proses deel te neem deur kommentaar aan die munisipaliteit te stuur.
  • Die tak het groente aan die Helen Bellinganhof-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het ’n gedeelte van die dorp skoongemaak deur vullis te verwyder en gras te sny.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die buurtwag het veiligheidstoerusting in ontvangs geneem.

Swellendam

  • Die tak het ’n stalletjie by die Swellendam Skou beman om hulself aan die gemeenskap bekend te stel en vrae uit die gemeenskap te beantwoord.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Swellendam Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat toegang tot die vullisterrein geweier is om sodoende te verhoed dat ’n oudit van die terrein gedoen word.
  • Die tak het aan die munisipaliteit se GOP-projek deelgeneem.

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle volhoubare projekte.
  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou.
  • Die tak se tuinspan het slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die Villieria SAPD uitgevoer.

Wes-Moot

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het gesteelde Eskom-kabels opgespoor.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ’n protesaksie gemoniteer.
  • Die buurtwag het ’n aantal suksesvolle sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n ongelukstoneel.

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die buurtwag het ’n groot gemeenskapspatrollie gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Bob van Reenen-stadion gehou.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand aan ’n vragmotorbestuurder en sy assistent gelewer nadat hulle in ’n kapingsvoorval by die berugte kruising van die dood betrokke was en erg aangerand is.
  • Die buurtwag het hulp verleen in Colonel Blakestraat nadat daar by ’n woning se buitekamer ingebreek is.
  • Die buurtwag het ’n rol gespeel om honde te help wat verwaarloos is. Die DBV het die honde weggeneem en gevolglik ’n saak teen die eienaar aanhangig gemaak.
  • Die buurtwag het bystand met hul hommeltuie gelewer nadat kapt. Johan Malan hul hulp ontbied het met betrekking tot voertuigdiefstal tussen Sasolburg en Heilbron. Twee verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl twee Toyota-bakkies en ’n Toyota Corolla ook opgespoor is
  • Die buurtwag het bystand met hul hommeltuie gelewer nadat kapt. Johan Malan hul hulp ontbied het met betrekking tot kabel- en koperdiefstal by Wolwehoek. Twee verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl ’n Toyota-voertuig met baie koper en koperkabels in die kattebak daarvan ook opgespoor is. Twee verdagtes het egter op die vlug geslaan.
  • Die buurtwag het bystand gelewer deur ’n brand met hul vuurvegter te blus by store geleë op die Rosashof-kleinhoewes.
  • Die tak het 76 klagtes met betrekking tot kragonderbrekings by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 23 klagtes met betrekking tot rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 33 klagtes met betrekking tot waterlekkasies by die munisipaliteit aangemeld.  
  • Die tak het watermonsters in C.W.3 en S.E.2 geneem; die water het in albei woonbuurte skoon getoets.
  • Die tak het klagtes oor die lang gras by die kruising van die R42 en R47 by die munisipaliteit aangemeld aangesien breek-en-gryp-voorvalle gereeld daar voorkom  
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Arnold Theilerstraat in C.W.5 gehou waartydens 4 ha gras in ’n radius van 1,54 km² gesny is.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die substasie op die hoek van De Forest-, Heaviside- en Pupinstraat in C.W.5 gehou waartydens 2,2 ha gras gesny is.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Jean Websterstraat in S.W.1 gehou waartydens 1,2 ha gras gesny is.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in De Foreststraat in C.W.5 en in Jean Websterstraat in S.W.1 gehou waartydens 0,80 ha gras gesny is.

Heidelberg

  • Die tak se gemeenskapsprojekte het afgeskop.
  • Die tak het ’n sleepwa as skenking ontvang.
  • Die tak het opleiding aan lede van die publiek gebied oor hoe om slaggate op te vul, waarna slaggate vir drie opeenvolgende dae opgevul is.
  • Taklede het in samewerking met gemeenskapslede vyf plekke in die dorp geoormerk waar skoonmaakprojekte gehou is.
  • Die buurtwag het ’n groot gemeenskapspatrollie gehou waartydens ’n verdagte in hegtenis geneem is.

Westonaria

  • Die tak het sewe klagtes met betrekking tot kragprobleme by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het agt klagtes met betrekking tot waterprobleme by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het die munisipaliteit versoek om drie parke skoon te maak.
  • Die tak het drie klagtes met betrekking tot rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Benoni

  • Die tak en die buurtwag het saamgewerk en ’n totaal van 13 voorvalle hanteer, waaronder huisbrake, gewapende rooftogte, voertuigongelukke, brande en motorkapings.
  • Die tak het sewe projekte deur die loop van die maand afgehandel, waaronder vyf skoonmaakprojekte van velde, brandpunte en by die plaaslike SAPD se slagofferondersteuningseenheid, een slaggatherstelprojek en ’n suksesvolle voedselprojek saam met Solidariteit Helpende Hand. 
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie van stapel gestuur om ’n veiliger gemeenskap te bewerkstellig.

Springs

  • Die tak het bystand gebied op vyf ongelukstonele.
  • Die tak se samewerkingsooreenkomste het vrugte afgewerp danksy die suksesse wat behaal is met twee SNIPR-kamerastelsels.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou op die hoek van Wit- en Ermeloweg.

MPUMALANGA

Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Mpumalanga het Projek Skoolbus van stapel gestuur om die veiligheid van skole se busse op die pad te help verseker deur die busse se beweging intyds te moniteer.
  • AfriForum se Mpumalanga-takke het bystand aan die SAPD in Delmas gebied deur hul hommeltuie beskikbaar te stel tydens ’n soektog na ’n vermiste kind.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien watertoevoer na die dorp onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het groente gelewer aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal, asook in omliggende dorpe.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het gehelp om die gras rondom die Nestlé-brug te sny.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.

Ermelo

  • Die buurtwag het in samewerking met Mpumalanga Veiligheid ’n begraafplaaspatrollie van stapel gestuur.
  • Die buurtwag het in samewerking met boere en sekuriteitsmaatskappye gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor.

Witbank

  • Die tak het twee projekte van stapel gestuur rondom skole in die dorp wat behels om verkeerstekens te vervang en padstrepe te verf om sodoende leerders se veiligheid te verseker.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het bystand gebied ná twee plaasaanvalle in die Delmas-omgewing.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou.
  • Die Cairn-Burnside-plaaswag het deurlopend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD in Nelspruit en verskeie ander veiligheidsrolspelers gehou.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit die Uitkyk-pad skoongemaak vanaf die Claremont-afrit tot by Shandon Estate.
  • Die tak het gras gesny en indringerplante verwyder in die Steiltes Natuurreservaat.
  • Die tak het slaggate opgevul in verskeie woonbuurte van die dorp.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele gehelp om die verkeer te reguleer, asook met toneelhantering.
  • Die tak het vullisterreinoudits by die Tekwane West-vullisterrein en die Barberton-vullisterrein uitgevoer.

Witrivier

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens die plaaslike begraafplaas se gras gesny is.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die plaaslike oorlaaistasie uitgevoer.

Lydenburg

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gehou.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele gehelp om die verkeer te reguleer, asook met toneelhantering.
  • Die tak het gehelp met die soektog na ’n vermiste kind naby Roossenekal deur lugbystand te verleen.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die Lydenburg-vullisterrein uitgevoer.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak het weekliks tien asblikke rondom die dorp gediens om Bethal se netheid te verbeter.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die Belfast-vullisterrein uitgevoer.

Machadodorp

  • Die buurtwag het voortdurend patrollies gehou.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die plaaslike vullisterrein uitgevoer.

Malelane

  • Die buurtwag het in samewerking met Nkomazi Security Solutions 270 liter se gesteelde diesel opgespoor.

Dullstroom

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies tydens ’n reorganiseringsvergadering.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit by die plaaslike vullisterrein uitgevoer.

LIMPOPO

Naboomspruit

  • Die tak het aan AfriForum se monumentoudit deelgeneem en vier monumente geoudit.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodoproep vir bystand tydens ’n plaasaanval.
  • Die tak was bedrywig met sy Ruk Naboom Reg-projek:
    • Taklede het die middelman se plaveisel in die hoofstraat skoongemaak, asook die onkruid op die sypaadjie voor die poskantoor.
    • Taklede het die gevaarlike stopstraat op die hoek van 2de Laan en Pierneefstraat weer skoongemaak.  
    • Taklede het Nelson Mandelarylaan se gras met handsnyers kortgesny. 
    • Taklede het slaggate opgevul danksy die plaaslike Build It se skenking van 70 sakke teer.
  • Die tak het die lang gras by die begraafplaas gesny, gehark en op groot hope gegooi. Reëlings is met die munisipaliteit se parke-afdeling getref om dit te laat wegry. Ongelukkig het hulle dit net aan die brand gesteek. Hierdie skoonmaakprojek het baie werk behels en sowat drie weke geneem om te voltooi.  

Marble Hall

  • Die buurtwag het bystand verleen tydens ’n inhegtenisname, ’n diefstalvoorval uit ’n motor, ’n aanrandingsvoorval met die opset om ernstig te beseer, asook ’n poging tot moord.
  • Die buurtwag het 58 suksesvolle patrollies gehou.

Soortgelyke plasings