TAKSUKSESSE: MAART 2025
VRYSTAAT
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens onluste in die gebied.
Heilbron
- Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
- Taklede het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.
- Die tak het ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die haglike toestand van die dorp se vullisterrein.
Parys
- Die tak het in samewerking met Mooi Parys en besorgde inwoners 180 sakke teer gebruik om nagenoeg 200 slaggate op te vul.
- Taklede het die dorp se watersuiweringswerke saam met die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit besoek om die vordering te monitor.
- Die tak het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit by Nersa verkla en gevra dat sy lisensie herroep word omdat hy nie aan die nodige vereistes voldoen nie.
- Die tak het ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig om die haglike toestand van die plaaslike vullisterrein onder sy aandag te bring.
Sasolburg
- Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek. Sewe-en-veertig voertuie het die begraafplaas in Maart besoek.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan vier operasies deelgeneem.
- Die tak het 29Â ha gras gesny.
- Taklede het 24Â ha skoongemaak.
Viljoenskroon Die tak het ’n groot sloot skoongemaak en dit ná die tyd weer opgevul. Taklede het 40 sakke vullis uit die dorp weggery. Die buurtwag het 54 patrollies gery waartydens 1 069 km in 45 manure afgelê is. HOOGLAND Bethlehem Die tak se buurtspan het die museum se gras gesny en vullis in die gebied opgetel.Taklede het vullis weggery namens die nuwe McDonald’s wat in die dorp oopgemaak het.Die tak het 40 m² se slaggate in Eurekastraat opgevul. Sowat 40 liter flodderseël is ook oor 2 km gebruik om die padoppervlak te verbeter. Die buurtwag is ontbied na die toneel waar ’n vliegtuigongeluk plaasgevind het. Buurtwaglede het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen saam met die Voorberg-boeregemeenskap.Die buurtwag het die volgende operasies saam met die SAPD uitgevoer:Padblokkades naby sjebiens Klopjagte op sjebiensVerskeie dwelmklopjagte waartydens een inhegtenisname gemaak is Verskeie padblokkades waartydens vier inhegtenisnames gemaak isBuurtwaglede het 350 km se patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Die buurtwag het sy hommeltuig op sewe geleenthede ingespan om misdaad te bekamp. Bultfontein Die buurtwag het 180 km se patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.Buurtwaglede het gehelp om ’n verdagte aan te keer wat sinkplate gesteel het.Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. Reitz Taklede het die gras voor die poskantoor gesny.Die tak het die gras voor die biblioteek gesny, asook skoongemaak rondom die biblioteek. Die tak het ’n nuwe bestuur verkies. Kroonstad Die tak het AfriForum-bemarkingsborde by Jukskeipark aangebring. Frankfort AfriForum het die hofsaak wat oor minagting handel, gewen. ROSESTAD Algemeen Volhoubare skoonmaakprojekte is tweeweekliks by die volgende plekke gehou:Ou PresidensiePres. Brand-begraafplaasBritsmonument Park in WilgehofPark in Du Plessisstraat Park in Lucas Steynweg AfriForum-park in Pellissier AfriForum Vullisverwydering se amptelike opening is by die organisasie se gemeenskapveiligheidsentrum in Bloemfontein gehou. AfriForum Vullisverwydering Personeel het ’n totaal van 2 636 sakke vullis opgetel en weggery. AfriForum911 Reaksie-eenheid Die eenheid het ’n verdagte in hegtenis geneem wat al ’n geruime tyd lank huise in Pellissier se posbusse steel. Die eenheid het ’n verdagte in hegtenis geneem wat ’n fiets uit ’n erf gesteel het.Die eenheid het ’n man in hegtenis geneem nadat hy ’n brand in die Brandkop Bewaringsarea gestig het. Huisbraaktoerusting is ook in sy besit gevind. Die eenheid het in samewerking met die SAPD ’n verdagte vir huisbraak in hegtenis geneem nadat hy oor tien erwe se heinings gespring het. Talle gesteelde goedere is in sy besit gevind. Die eenheid het in samewerking met Senforce Security ’n verdagte in hegtenis geneem wat by ’n huis probeer inbreek het. Nadat die verdagte aan die SAPD oorhandig is, is ’n saak van betreding en huisbraak teen hom aanhangig gemaak. AfriForum Jeug Die Bloemfontein-tak het saam met die Sektor 4-buurtwag aan ’n bewusmakingsaksie deelgeneem. Die Kovsies-tak het ’n padel-dag by Padelworx in Langenhovenpark aangebied. Die doel van die dag was nie net om bewusmaking te skep onder die Universiteit van die Vrystaat se studente oor AfriForum Jeug se Kovsies-tak nie, maar ook om ’n veilige bymekaarkomplek op kampus te vestig waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en blywende vriendskappe bou. Bewusmakingsaksies Die Sektor 4-buurtwag het ’n bewusmakingsdag vir die publiek saam met verskeie ander rolspelers aangebied. Die doel hiervan was om die Bloemfontein-buurtwagte se toewyding aan hul onderskeie gemeenskappe te beklemtoon. Genoemde rolspelers sluit die volgende in: AfriForum911 Reaksie-eenheidSektor 4-buurtwagSektor 5-buurtwagAfriForum JeugAfriForum-buurtspanneAfriForum VullisverwyderingFire OPS SALife Rosepark-hospitaal (Life EMS)VR Medical ServicesVR Security ServicesMATA Group Security SolutionsFidelity ADTBloemsec Wilgehof Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 4-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem. Uitsig Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 4-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem. Hospitaalpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 4-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem. Bloemfontein-Noord (landelik) Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie. Bloemfontein-Noord (stedelik) Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die tak het gesorg vir ’n skoner en netjieser omgewing deur velde in die buurt te sny. Hierdie aksie bevorder nie net ’n beter lewensomgewing nie, maar dra ook by tot die veiligheid van die gemeenskap. Langenhovenpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie. Fichardtpark Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 4-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem. Pellissier Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.Die buurtwag het aan die Sektor 4-bewusmakingsdag saam met verskeie ander rolspelers deelgeneem. Rayton-Heuwelsig Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Geen ernstige insidente is aangemeld nie. NOORDWES MOOIRIVIER Klerksdorp Die Songloed-buurtwag se 42 patrolleerders het 33 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Songloed-buurtwaglede het munisipale werkers gehelp om ’n waterlek te herstel. Die tak het ’n skrywe aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die gevaarlike oop gat in Murantiweg. Die Songloed-buurtwag het Meiringspark se buurtwag – wat nie ’n AfriForum-buurtwag is nie – ondersteun in hul poging om klipgooiers/kwaaddoeners uit die buurt te verwyder. Songloed-buurtwaglede het betogings deur taxi-eienaars by die ingange na die woonbuurt fyn gemonitor.Die Songloed-buurtwag het ’n uiters suksesvolle massapatrollie saam met die SAPD gehou.Songloed-buurtwaglede het ondersteuning gebied by ’n huisbrand en inwoners help ontruim totdat die brandweer opgedaag het. Die tak het ’n skoonmaakprojek in Buffelsdoornweg gehou. Taklede het vullisdromme by vyf winkelsentrums in die dorp aangebring. Potchefstroom Die buurtwag het talle patrollies afgelê om hul gemeenskap te beveilig. Die tak het ’n skrywe aan die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die algemene verval in die dorp. Die tak het ’n buurtspan op die been gebring wat reeds groot gedeeltes langs Paryslaan skoongemaak het. Stilfontein Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies (soos elektrisiteitsprobleme en die toestand van die dorp se parke) by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg. In Maartmaand is 43 klagtes aangemeld. Die tak het 20 liter rooi verf aan die plaaslike brandweerdiens geskenk om die brandweerstasie op te knap. Taklede het gras gesny by die klein pannetjie in Stilfonteinweg. Die buurtwag het gehelp om die verkeer op die N12-snelweg te reguleer toe dit onlangs weens swaar reën oorstroom het. Buurtwaglede het gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor. Die buurtwag het hulp verleen deur ’n pad af te sper ná ’n kabel langs die pad aan die brand geslaan het. Sodoende kon die elektriese span onversteurd voortgaan met herstelwerk. Buurtwaglede het gehelp om ’n selfmoordpoging te ontlont. Die buurtwag het 500 liter water aan inwoners geskenk nadat ’n probleem by die Jan van Riebeeck-watertoring ondervind is. Buurtwaglede het die verkeer gereguleer ná ’n ongeluk op die N12-snelweg. Die buurtwag het 42 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig en gemiddeld 20 km per skof afgelê. MARICO Rustenburg Die tak het tydens die eerste kwartaal van 2025 meer as 21 ha gras by plaaslike parke en groenstroke gesny. Dié tak het gewoonlik sowat 4 ha gras ’n maand gesny, maar danksy die gebruik van die trekker is 21 ha gras in slegs drie maande gesny. Zeerust Die tak het in die eerste kwartaal van 2025 voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burgermonument. Nagenoeg 1 600 m² gras is gesny, terwyl 20 streepsakke tuinvullis soos gras, blare en takke opgetel en in vier waentjievragte weggery is. Lichtenburg Die tak het in die afgelope drie maande altesaam 7 ton teer en twee dromme SS60 Bitumen gebruik om ’n indrukwekkende teerprojek te voltooi. Dié omvangryke inisiatief het reeds ’n wesenlike impak op die gemeenskap en die vloei van verkeer gehad. STELLALAND Vryburg Die tak is deurlopend besig met volhoubare projekte wat daarop gemik is om dié dorp netjies te maak. Taklede het in Maart onder meer gras gesny by die park in Roydenweg nadat talle gemeenskapslede gekla het oor die toestand van hierdie park en kommer uitgespreek het dat dit deur misdadigers gebruik kan word as wegkruipplek. Die tak het ook die oop velde langs die ingang na die dorp se gras gesny sodat dit netjies kan vertoon wanneer motoriste die dorp binnery. Delareyville Die tak het meer as 20 slaggate met grond en kalk opgevul om die paaie van dié dorp meer begaanbaar vir inwoners te maak. |
GROTER PRETORIA-NOORD
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het 881 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 114 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het in totaal 5Â ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 976 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het twee parke skoongemaak.
- Die tak se buurtspan het 56 slaggate opgevul.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 103 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het 22,3Â ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het vier slaggate opgevul.
Wes-Moot
- Taklede het bome gesaag wat te laag oor ’n brug gehang het.
- Die buurtwag het in samewerking met die plaaslike GPF sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het in samewerking met die plaaslike GPF ’n skoonmaakprojek gehou.
- Die buurtwag het aan Operasie Shanela deelgeneem.
Moreletapark
- Die buurtwag het ’n vrou wat verdwaal het gehelp om haar weer met haar familie te herenig.
GROTER PRETORIA-SUID
Centurion
- Die tak se buurtspan het 9,59Â ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het 5Â 880Â kg gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte.
- Die tak se buurtspan het 1,9 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
- Die tak se buurtspan het 523 herwinningsakke sorteer.
- Die tak se buurtspan het 15,3 ton herwinningsmateriaal opgetel.
- Die buurtwag het een inhegtenisname uitgevoer.
- Buurtwaglede het tydens 78 patrollies 1 753 km in 188 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
OOS-RAND
Alberton
- Buurtwaglede het 2 057 km in 221 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
- Die tak het 15 slaggate opgevul tydens ’n padherstelprojek in 2de Laan in Verwoerdpark.
Brakpan
- Die tak het ’n vergadering met verskeie rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.
- Die buurtwag het vyf van sy lede as VOLK-skietinstrukteurs laat oplei.
Boksburg
- Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
Benoni
- Die buurtwag het 1Â 867Â km in 215 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 5Â 404Â 154 nommerplate tot op hede gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
- Buurtwaglede het kamera-opleiding aan ’n sekuriteitsmaatskappy se beheerkamer in Benoni gebied met die doel om die gebied verder te beveilig.
- Die tak het ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van Benoni- en Evansweg uitgevoer waartydens oorgroeide gras gesny en die area opgeruim is.
- Die buurtwag het twee verdagtes vasgetrek wat items by ’n winkel in Northmead gesteel het.
- Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
Edenvale
- Taklede het aan ’n padherstelprojek deelgeneem en 11 slaggate in De Klerkrylaan opgevul.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou op die hoek van Terraceweg en Diazlaan, asook in Terraceweg, Da Gamalaan en Ferdinandlaan.
- Taklede het ’n skoonmaakprojek by die Sandringham-polisiestasie gehou.
- Die tak het in samewerking met AfriForum se Kempton Park-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
- Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
Germiston
- Die tak het meer as 300 munisipale navrae hanteer. Dit sluit in klagtes wat aanvanklik by die Ekurhuleni-metro aangemeld is, maar nooit deur munisipale amptenare beantwoord is nie.
- Taklede het ’n uiters suksesvolle skoonmaakprojek by die Weidemandam in Elsburg gehou.
Kempton Park
- Die tak se mobiele gesondheidsentrum het basiese gesondheidsdienste aan bejaardes verskaf.
- Taklede het in samewerking met AfriForum se Edenvale-tak die Zuurfontein-begraafplaas skoongemaak.
- Die tak se kameraprojek het vrugte afgewerp deurdat 1Â 024Â 713 nommerplate deur die maand gelees is en die owerhede gevolglik ingelig is oor gesteelde of verdagte voertuie.
- Die buurtwag is deur die SAPD uitgenooi om aan Operasie Masakhane, ’n misdaadvoorkomingsoperasie, deel te neem.
- Die tak het aan die Ekurhuleni-metro se begrotingsproses deelgeneem om te verseker dat inwoners se basiese dienste en veiligheid in ag geneem word tydens die samestelling van die begroting.
- Buurtwaglede het ’n aantal bome – wat ná ’n storm oor die pad geval en dit versper het – uit die pad verwyder.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Fochville
- Die tak het 40 sakke teer gebruik om 20 slaggate op te vul.
Midvaal
- Die buurtwag het blitsig gereageer nadat ’n klagte ontvang is dat ’n aantal mense onder die invloed van alkohol op ’n sakeperseel baklei het. Buurtwaglede het daarin geslaag om die situasie te ontlont.
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem waartydens vier onwettige immigrante in hegtenis geneem is, asook twee persone vir die besit van dwelms. Buurtwaglede het ook drie gesteelde fietse opgespoor.
- Die buurtwag het saam met die SAPD en ’n sekuriteitsmaatskappy gereageer op sowel ’n diefstal as ’n aanrandingsvoorval.
- Buurtwaglede is ontbied nadat ’n klagte ontvang is dat ’n bobbejaan mense aangeval het. Die bobbejaan is later vasgetrek.
Randfontein
- Die tak het verkeerstekens vervang en padstrepe oorgeverf.
Vanderbijlpark
- Die buurtwag het ondersteuning gebied by ’n leë huis in Berthault van der Rietstraat nadat boosdoeners besig was om vensterrame uit te breek.
- Buurtwaglede is na Belrex Innovations ontbied nadat inligting ontvang is dat diewe besig was om koperkabels op die perseel te steel.
- Die buurtwag het ondersoek ingestel ná klagtes van onwettige vullisstorting in Fordstraat.
- Buurtwaglede het gehelp om ’n persoon wat sy tent in ’n veld in SE4 opgeslaan het, te verwyder.
- Die tak het 2,2Â ha gras gesny voor die Herfsoord-aftreeoord.
- Taklede het 0,2Â ha gras gesny op die hoek van Langenhoven- en Goethestraat. Ses sakke gras is opgetel en weggery.
- Die tak het 3,7Â ha gras gesny en skoongemaak by Phoenixpark. Twintig sakke gras en vullis is opgetel en weggery.
- Taklede het 0,4 ha gras gesny by die Hoëveld Botaniese Tuine in Sasolburg. Vier sakke gras is opgetel en weggery.
Vereeniging
- Die tak het in samewerking met die Laerskool Risiville 7 ton teer gebruik om talle slaggate rondom die skool op te vul.
- Die buurtwag het gereageer op ’n breek-en-gryp-voorval op die R59-snelweg waartydens ’n selfoon gesteel is. Die SAPD het die verdagte later aangekeer.
- Buurtwaglede is ontbied na die toneel van ’n mislukte motorkaping.
- Die buurtwag het sowel taktiese as wapenopleiding vir sy lede aangebied.
- Buurtwaglede het vinnig gereageer ná ’n inbraak in die omgewing. Twee persone is uiteindelik met gesteelde goedere in hulle besit betrap en aan die SAPD oorhandig.
- Die buurtwag het saam met die SAPD aan twee suksesvolle operasies deelgeneem.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n fietswedren.
Roodepoort
- Die tak se tuinspan het 117 sakke vullis opgetel en weggery.
- Die tak se tuinspan het 230 m² gras gesny.
- Die buurtwag het 2Â 150Â km in 420 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het gehelp om ’n ontvoering by ’n winkelsentrum in Sandton te fnuik.
- Die buurtwag het in samewerking met EC Security, TAU Protection Services en die SAPD ondersteuning gebied tydens ’n huisbraak.
- Buurtwaglede het die SAPD ontbied om ’n voertuig te agtervolg wat moontlik by hekmotordiefstal betrokke is.
- Die buurtwag het verskeie operasies – waaronder padblokkades – saam met die SAPD uitgevoer.
- Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die tak het die gemeenskap ondersteun met ’n rioolkwessie.
- Die buurtwag het ’n skietdag vir sy patrolleerders aangebied waartydens hulle basiese wapenhantering en uitvoering aangeleer het.
MPUMALANGA
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se buurtspan het 6Â ha gras gesny tydens skoonmaakprojekte.
- Die tak se buurtspan het 20 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte wat op vyf dae deur die loop van die maand aangepak is.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 15Â 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
- Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
- Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 5Â 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
Witrivier
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het noodhulp op ’n ongelukstoneel toegepas.
HOËVELD
Bethal
- AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
- Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
- Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is en sluit die volgende areas in:
- Voor die plaaslike polisiestasie
- Weerskante van die N17-snelweg
- In Malherbestraat en rondom die Nestlé-brug
- Voor die plaaslike DBV
- Voor die ingang na die CVO Skool Bethal teen die Kriel-pad
- Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.
- Taklede het in samewerking met die Kukhona Group ’n slaggatherstelprojek in Kleynhansstraat, asook tussen die N17-snelweg en Malherbestraat aangepak. Die projek is sowat 75% voltooi en nagenoeg 230 sakke teer is reeds daarvoor gebruik.
- Die tak het ’n padherstelprojek in Malherbe-, Wicht- en Simonstraat van stapel gestuur. Daar is veral gefokus op die gedeelte van Wichtstraat tussen die N17-snelweg en die Hoërskool Hoogenhout se hoofhek.
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die tak se buurtspan het ongeveer 16 200 m² skoongemaak, wat die volgende areas insluit:
- Die Secunda-begraafplaas
- Rondom die ringsubstasies sodat die substasies makliker beveilig kan word Â
- Die tak het tot dusver vanjaar al 80 500 m² se skoonmaakprojekte aangepak.
Delmas
- Die Delmas Valke-buurtwag het 15 verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
- Delmas Valke-buurtwaglede het ’n vermiste persoon help opspoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag het twee gesteelde voertuie wat in die pleeg van misdrywe gebruik is, opgespoor.
- Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by 24 voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
Ermelo en Chrissiesmeer
- Taklede het 29 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 101 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
- Die tak het verskeie grassnyprojekte van stapel gestuur waartydens meer as 6 600 m² gras gesny is.
Witbank
- Die tak het teer aan privaat buurtwagte geskenk wat gebruik is vir herstelwerk in die dorp. Sowat 120 sakke teer is gebruik om 30 slaggate op te vul.
Piet Retief
- Die buurtwag het in samewerking met ACSU Security vyf substasies beveilig ten einde kritiese infrastruktuur te beskerm.