|

Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek

Deur Alet Rademeyer

Suid-Afrika se twee medaljewenners by die Olimpiese Spele, Tatjana Schoenmaker en Bianca Buitenbach, het Suid-Afrikaners wat hulle ondersteun en vir hulle prysgeld ingesamel het, vandag tydens ’n geleentheid in Pretoria uit die diepte van hul harte bedank.

Tatjana Schoenmaker en Bianca Buitendag.

Schoenmaker het tydens die Olimpiese spele ’n goue medalje in die 200m-borsslag en silwer medalje in die 100m-borsslag verwerf, terwyl Buitendag ’n silwermedalje in branderplankry gekry het.

’n Reuse skarefinansieringsprojek, Spansaam, is van stapel gestuur nadat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) aanvanklik aangedui het dat daar nie prysgeld vir die wenners is nie omdat daar nie daarvoor begroot is nie. Saskok het intussen van deuntjie verander.

“Die probleem met die regering is dat hulle ook eerder verskonings soek. In plaas daarvan dat hulle rolmodelle soos hierdie ondersteun het, was hul fokus eerder oor hoekom die span nie verteenwoordigend is nie. Ons wil vandag vir hierdie atlete dankie sê vir die rolmodelle wat hulle vir ons en die hele land is.”

Louis van der watt

 AfriForum het sowat R100 000 tot die projek bygedra saam met ander borge soos die Atterbury Groep, Velile Tinto & Associates, USN, Fledge Capital en Transaction Capital.

Schoenmaker het prysgeld van R600 000 gekry en haar afrigter Rocco Meiring R150 000. Buitendag het R200 000 gekry en haar afrigter Greg Emslie R50 000. ’n Verdere R50 000 is vir ’n sportbeurs bewillig.

Rocco Meiring, Tatjana Schoenmaker, Bianca Buitendag en Greg Emslie. Foto: Marthinus Koekemoer

Louis van der Watt, uitvoerende hoof van die Atterbury Groep, het by die oorhandiging van die atlete en hul afrigters se tjeks gesê dit is maklik om verskonings te soek vir probleme in die wêreld, in plaas van om op die goeie en positiewe te fokus. “Tatjana en Bianca het egter gefokus op dit wat hulle goed kan doen, ondanks struikelblokke wat hulle ervaar het om te kom waar hulle is.”

 Dit is waarom ons borge gesoek het om iets wat goed en positief is te vier.

“Die probleem met die regering is dat hulle ook eerder verskonings soek. In plaas daarvan dat hulle rolmodelle soos hierdie ondersteun het, was hul fokus eerder oor hoekom die span nie verteenwoordigend is nie. Ons wil vandag vir hierdie atlete dankie sê vir die rolmodelle wat hulle vir ons en die hele land is.”

Oor die skielike belangstelling en ophef wat daar nou oor hulle gemaak word, is Schoenmaker en Buitendag uit die veld geslaan.

Schoenmaker sê sy voel verskriklik spesiaal as mense haar nou herken, vir haar waai of iewers voorkeer. Buitendag sê op haar beurt sy was nog nooit in haar lewe so baie in Johannesburg soos in die afgelope twee weke nie. “Hierdie is ’n absolute eer en ek is so trots op my land en om ’n Suid-Afrikaner te wees.”

Oor Buitendag se prestasie sê Emslie, hy is spyt dat sy nou gaan aftree, maar hy onthou die baie, baie harde werk en voorbereiding wat daarin ingegaan het om haar vir die Spele voor te berei.

Meiring meen Schoenmaker het ’n blink toekoms voor haar as sy die wil het. “Dit is baie baie harde werk, maar sy het die vermoë en daar is geen rede dat sy nie meer suksesvol kan wees nie.”

Hy het vertel hoe moeilik dit in ’n stadium gegaan het toe Schoenmaker vir “sestien maande vasgehaak en nie goed geswem het nie. As afrigter dink jy dan mooi oor wat jy vir ’n atleet sê en wat nie.”

Meiring en Emslie het ook hul dankbaarheid vir die ondersteuning uitgespreek en gesê dit is ’n baie groot aanmoediging vir sportlui.

Ronald Peters, bestuurder by AfriForum Sport, sê hierdie atlete skep hoop en trots vir jongmense en toekomstige atlete met hul prestasie. “AfriForum is trots daarop dat ons kon help dat hulle die nodige erkenning kry.”

Soortgelyke plasings