Tien polisiestasies in Wes-Kaap onder topdertig in SA waar meeste moordverwante sake aangemeld is


Bheki Cele, minister van polisie, het op 11 September die nasionale misdaadstatistiek vir 2017/2018 bekend gemaak.
Volgens die moordsyfers word tien polisiestasies in die Wes-Kaap onder die topdertig in die land gelys met betrekking tot die aanmeld van moordverwante sake. Die moordsyfer in dié provinsie het ook met 12,6% toegeneem. Twaalf van die topdertigpolisiestasies in die land waar sake met betrekking tot poging tot moord aangemeld is, is ook in die Wes-Kaap geleë.

“AfriForum wil graag hande vat met kernrolspelers soos die SAPD en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid om geweldmisdaad sáám in die provinsie te bekamp. Alle rolspelers – wat die SAPD, privaat sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap insluit – moet gesamentlik beplan en ’n strategie neerlê om misdaad hok te slaan,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Soortgelyke plasings