|

Tinteltong Toekennings vier trotse Afrikaanse entrepreneurs

AfriVriendelik en AfriForum het op 19 Februarie 2020 – tesame met die viering van Internasionale Moedertaaldag wat jaarliks op 21 Februarie gevier word – innoverende Afrikaanse ondernemings tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria beloon. Die Tinteltong Toekennings is vanjaar vir die vierde keer aangebied en het in 2016 die lig gesien toe slegs vier ondernemings met ’n pakkie in die pos beloon is vir wat hulle vir Afrikaans beteken.

“Só toekenning maak ’n groot verskil in ‘n onderneming soos myne wat nog jonk is. My kliëntebasis het begin groei bloot net omdat ek genomineer was vir ’n Tinteltong Toekenning en ek sien so uit om ’n pad saam met AfriVriendelik te stap,” sê Michelle Britz, ’n boervrou en entrepreneur van die Oos-Vrystaat.

Sy het haar besigheid, Michelle se Kombuis, ’n jaar terug begin om haar gesin te ondersteun deur die erge droogte en het gisteraand weggestap met die Tinteltong Toekenning vir smullekker kos in Afrikaans.

Die kategoriebenoemings vir 2020 was soos volg:

Tinteltong Toekenning vir die mooiste Afrikaanse naam:

Tamatiestraat

Dors

Storie mure

Sus & Boet

Wenner: Tamatiestraat

 

Tinteltong Toekenning vir ’n produk of diens gemik op babas of kinders – in Afrikaans:

Woelig

Kleine vlooi

Maaiki

Wenner: Woelig

 

Tinteltong Toekenning vir ’n kreatiewe slagspreuk – in Afrikaans:

Aitsa! {Eenvoudig stylvol}

RUAH {Koester jouself}

Kimono {Leef Kimono}

Sluk jou woorde {Elke sluk vertel ’n storie}

Wenner: Aitsa! {Eenvoudig stylvol}

 

Tinteltong Toekenning vir goeie diens – in Afrikaans:

Kuif & Baard

Petal’je

Berg en Dal-hondeherberg

Wiekus Viljoen privaat juwelier

Wenner: Kuif & Baard

 

Tinteltong Toekenning vir smullekker kos – in Afrikaans:

Michelle se Kombuis

Kooperasie Kroeg & Kos

Pure Plaas Mieliepap

Van der Linde Restaurant

Wenner: Michelle se Kombuis

 

Tinteltong Toekenning vir maklikste e-kopie – in Afrikaans:

Die Swartskaap

Komedie Winkel

Pure Dier

Die Bees

Wenner: Die Swartskaap

 

Tinteltong Toekenning vir ’n eg Afrikaanse produk:

BLIKIT

Die Timmerman en vroutjie

Griet & Kie

Kant & Krone

Wenner: BLIKIT

 

Tinteltong Toekenning vir sosiale media wat Afrikaans praat:

Pretpakkie

Flink.

Kwikstert

Frambroos

Wenner: Pretpakkie

 

Tinteltong Toekenning vir die mooiste handelsmerk – in Afrikaans:

Opgedollie

Waterbessiebos

Vinkel en Ko.

Hartelief

Wenner: Opgedollie

 

Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer:

Protea Boekhuis

Malan Media

NB-Uitgewers

Naledi

Wenner: Protea Boekhuis

 

Tinteltong Toekenning vir nuweling van die jaar:

Kwikstert

Registreer jou onderneming vandag nog op www.afriforumnetwerk.co.za.

 

Soortgelyke plasings