|

Toerismeminister verkondig leuens – Konstitusionele Hof het nog nie uitspraak in AfriForum se appèlaansoek gelewer nie

AfriForum het die toerismeminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, daarvan beskuldig dat sy leuens en fopnuus verkondig deur in ’n mediaverklaring aan te voer dat die Konstitusionele Hof (KH) AfriForum se aansoek om appèl van die hand gewys het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, word AfriForum nie as applikant in die uitspraak in die Solidariteit-saak waarna Kubayi-Ngubane verwys genoem nie en is die uitspraak ook nie aan AfriForum se regspan gerig nie.

“Behalwe vir hierdie leuen, gee die minister ook valslik voor dat die KH se uitspraak in die Solidariteit-saak bevestig dat daar nie meriete in Solidariteit en AfriForum se sake is nie, terwyl die KH duidelik aangedui het dat hulle bloot nog nie op hierdie stadium al na die Solidariteit-saak sal kyk nie. Geen uitspraak is oor die meriete van die saak gemaak nie,” sê Kriel.

“Indien ’n minister soos Kubayi-Ngubane bereid is om selfs met krisishulp op grond van ras teen mense wat om oorlewing veg te diskrimineer, is dit seker nie verbasend dat sy bereid is om leuens te verkondig sonder om ’n oog te knip nie.”

Soortgelyke plasings