Tshwane-elektrisiteitverhogings: AfriForum vat Tshwane-metro hof toe.

SUKSES: 

Jou kragtarief is onwettig verhoog! AfriForum vat Tshwane-metro hof toe.

Hoewel AfriForum die Tshwane-metro se beoogde implementering van ’n elektrisiteitstariefverhoging gestuit het, gaan die metro steeds voort met dié verhoging sonder Nersa se goedkeuring.

Gee ons jou mandaat om dié tarief in die hof tersyde te stel:

Versprei asseblief hierdie boodskap aan alle inwoners van Pretoria.

Die Tshwane Metro wil alle elektrisiteitsverbruikers se rekenings verhoog op ’n voorgestelde wyse wat inwoners op die volgende wyses sal beïnvloed:

  • R120- basiese tarief wat aan die Metro betaalbaar is voordat enige krag verbruik word;
  • ’n voorgestelde tariefstruktuur wat sal beteken dat elektrisiteitsverbruikers wat minder as 650 kWh gebruik ’n verhoging van 80% of meer sal ondervind; en
  • Arm en ou mense gaan die meeste deur die voorgestelde verhoging geraak word.

AfriForum maak kapsie teen die voorgestelde tariefverhoging en dring daarop aan dat Nersa dit afkeur op die volgende gronde:

  • Geen openbaredeelnameproses is gehou om die publiek se insette te kry nie.
  • ‘n Verhoging van meer as 80% is beduidend hoër as Nersa se 13.8%-riglyn.
  • Die basiese heffing van R120 is buitensporig.

Die tariefverhoging is onbillik. 

AfriForum stuit die implementering van verhoogde Tshwane-elektrisiteitstarief tot verdere kennisgewing en dwing Nersa om openbaredeelnameproses te volg.

Forum Nuus: Pretorianers haal danksy AfriForum eers asem oor kragtariewe

Mediaverklaring: Tshwane-metro staak inwerkingstelling van verhoogde elektrisiteitstarief

Mediaverklaring: AfriForum dwing Tshwane-metro na onderhandelingstafel

Mediaverklaring: Tshwane-metro implementeer verhoogde elektrisiteitstarief sonder Nersa se goedkeuring

Mediaverklaring: AfriForum stuit beoogde tariefverhogings vir Tshwane-metro

Forum Nuus-artikel

Mediaverklaring: Tshwane-metro: AfriForum staan buitensporige tariefverhogings teen

Soortgelyke plasings