Twintig maniere waarop jy Afrikaans kan vier op Taaldag

Deur: Alana Bailey

  1. Praat suiwer Afrikaans.
  2. Lees ’n Afrikaanse boek, tydskrif of artikel (sien https://afriforum.co.za/forum-tydskrif/).
  3. Plaas ’n gunsteling- Afrikaanse aanhaling op jou profiel.
  4. Ondersoek die programme van Afrikaanse organisasies.
  5. Koop ’n Afrikaanse boek (sien kraaluitgewers.co.za).
  6. Bespreek kaartjies vir ’n Afrikaanse konsert (sien https://www.dappermedia.co.za/produk-kategorie%C3%AB/tuiskonserte/).
  7. Koop of speel ’n Afrikaanse bordspeletjie.
  8. Probeer aan sinonieme dink vir Afrikaanse woorde wat jy baie gebruik, soos “lekker” en “mooi”.
  9. Koop ’n paar Afrikaanse tydskrifte en lewer dit af by ’n tehuis vir bejaardes of hospitaal om gesondheidswerkers te bederf.
  10. Skryf ’n brief of e-pos in Afrikaans vir iemand met wie jy lanklaas gesels het.
  11. Gee jou huis, meenthuis, woonstel of kamer ’n Afrikaanse naam.
  12. Teken iemand besonders in op ’n Afrikaanse tydskrif.
  13. Word ’n burger van Maroelafontein (sien https://maroelamedia.co.za/maroelafontein/).
  14. Koop, maak of dra ’n T-hemp met ’n treffende Afrikaanse sêding op.
  15. Laai ’n Afrikaanse speltoetser af, of as jy reeds het, werk dit by en maak seker dit werk goed.
  16. Gee ’n Afrikaanse kinderboek vir ’n kind present, of lees vir ’n kind ’n Afrikaanse storie.
  17. Beproef ’n Afrikaanse resep. As jy nie ’n Afrikaanse resepteboek het nie, soek een op die internet.
  18. Skryf ’n Afrikaanse gediggie vir iemand wat jy lief het.
  19. Maak ’n speellys van jou 20 gunsteling- Afrikaanse liedjies.
  20. Kyk ’n Afrikaanse fliek.

 

Soortgelyke plasings