|

Upington-tak verfraai park op hoofstraat

AfriForum se Upington-tak het 4 September die park op die hoek van Quarry- en Schroderstraat verfraai deur die vullis op te tel en die geroeste staal paaltjies om dié park, wat motoriste se toegang tot die park blokkeer, afgeskuur en geverf.

Die tak het spesifiek hierdie park vir opknappings geïdentifiseer omdat dit in Upington se hoofstraat – Shroderstraat, oftewel die N14 – en naby die gewilde Kalahari-winkelsentrum geleë is. Toeriste wat deur die dorp ry, sal dan ’n blik op Upington se netheid kry.

Hierdie projek is in samewerking met Deon’s Carpets and Ligting aangepak. Werknemers van dié plaaslike maatskappy het die paaltjies met die verf, skuurpapier en verfkwaste opgeknap wat AfriForum verskaf het. Die ongeveer 55 paaltjies is met heldergeel padmerkverf geverf, wat dit ook dan duidelik sigbaar maak saans wanneer ligte daarop skyn. Die verfaankope is moontlik gemaak deur AfriForum-taklede se maandelikse kontantbydraes.

“Hierdie is maar net die een van die vele projekte wat AfriForum in Upington doen en ek wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder van die Kalahari.

Raak betrokke by AfriForum om  ’n verskil in jou dorp of omgewing te maak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings