|

#VegEnBou-veldtog: AfriForum se Potchefstroom-tak herstel 250 slaggate

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het van 10–17 Oktober 2020 verskeie skoonmaakprojekte aangepak en heelwat slaggate herstel as deel van die organisasie se #VegEnBou-veldtog.

Dié week is begin deur vullis weg te ry wat inwoners by die park in Meadowstraat stort en die gras in die park is ook gesny. Die Potchefstroom-tak se staatmakerspan het tydens die week ongeveer 250 slaggate in onder meer Chief Albert Luthulirylaan, Peter Mokabastraat en Thabo Mbekirylaan herstel.

Die tak het die spoedhobbels voor sowel Huis Eikelaan as Laerskool Mooirivier en die voetoorgang by Laerskool President Pretorius weer duidelik geverf. Die stopstrate op die hoek van Peter Mokaba- en Retiefstraat is ook weer duidelik sigbaar nadat die tak dit oorgeverf het.

AfriForum Jeug se Potchefstroom-tak het tydens die #VegEnBou-week opknappingswerk by die President Pretorius-museum gedoen wat onlangs weer oopgemaak het vir besoekers. Die jeuglede het onder meer die gras gesny en tuine netjies gemaak, asook die voetpaadjie na die museum verbeter deur klippies daarop te gooi.

Die tak het die week afgesluit deur agt bome saam met die JB Marks Munisipaliteit by die park op die hoek van Kanaal- en Klinkenbergstraat te plant.

“Ons wil graag elkeen bedank wat tydens die #VegEnBou-week hand bygesit het en moedig die gemeenskap aan om by ons toekomstige projekte betrokke te raak. Ons wil graag ’n blywende verskil in die gemeenskap maak en sal daarom voortgaan om projekte soos hierdie aan te pak om die omgewing vir almal te verbeter.,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum se Potchefstroom-tak wil graag die volgende ondernemings bedank vir hul betrokkenheid tydens dié week: TrotsPoth, Mico Trading Scrap Metal, Kurrekpro Firefighting Equipment, Eastvaal Toyota, Panasonic Potchefstroom, JJ Sand, Greek Taste, Bluebottle Liquors, Fuller Civils, Janzer Engineering en die inwoners van die Heilige Akker.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke: SMS “Potchefstroom” na 45351 (R1) en word deel van die verskil.

Soortgelyke plasings