|

Veiligheidswenke: As jy die vakansie by die huis bly.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).

Beligting:

    • Gebruik sensorligte.
    • Maak seker dat areas naby ingange en kamervensters genoeg verlig is.

Posbus:

    • Maak jou posbus daagliks leeg.

Alarmstelsel:

    • Koppel jou alarmstelsel aan ’n reaksie-eenheid.
    • Toets alle paniekknoppies.

Voertuie:

    • Bêre motorsleutels veilig weg.
    • Sluit altyd jou voertuig se deure.
    • Moenie waardevolle items sigbaar in jou voertuig los nie.

Tuin:

    • Snoei bome en struike naby ingange na jou eiendom, of langs elektriese omheinings.

Heinings en hekke:

    • Maak seker dat jou hekke nie van die spoor gelig kan word nie.
    • Kyk dat daar nie vermiste panele, gate of vreemde voorwerpe in jou heining is nie.

Perseel:

    • Installeer geslotebaankameras wat aan die internet gekoppel is met slimfoontoegang.
    • Moenie vensters naby jou bedkassie of bed ooplos nie.

Waardevolle items:

    • Moenie ’n kluis installeer of gebruik waar dit vir mense sigbaar is nie.
    • Kyk TV op só ’n manier dat dit nie van buite af sigbaar is nie.

Beursies, handsakke en selfone:

    • Moenie beursies en selfone in klere se agtersakke dra nie.
    • Moenie groot bedrae kontant saam met jou dra nie.
    • Hou jou handsak op jou skoot by restaurante.
    • As jy probleme by ’n OTM ondervind, skakel jou bank en kanselleer jou kaart.

Kapings:

    • Moenie elke dag dieselfde roetine volg nie.
    • Wees waaksaam as jy by jou hek stop.
    • Indien jy in ’n kaping betrokke is, volg die kapers se instruksies en moenie na hul gesigte kyk of met hulle stry nie.

Asblikke:

    • Sorg dat alle asblikke weggebêre is.
    • Moenie verpakking van nuwe elektroniese toerusting in of langs die asblik sit nie.

Moets en moenies:

    • Moenie in die aand uitgaan as jy iets buite hoor nie. Ontbied hulp.
    • Moenie werkers op straathoeke in diens neem nie.
    • Laat jou honde in die huis slaap en kyk vir gif in jou erf.
    • Meld enige verdagte persoon of motor by jou veiligheidstrukture aan.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag. SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings