Verbanning van die ou vlag is sensuur

AfriForum is bereid om sterk standpunt teen sensuur en vir die beskerming van vryheid van spraak in te neem. Vir AfriForum gaan dit nie oor die ou vlag nie, maar juis oor spraakvryheid. Die Nelson Mandela-stigting draai voorts sy rug op wyle oudpresident Nelson Mandela se boodskap van vryheid en verdraagsaamheid.

AfriForum beskou die uitspraak wat in die Johannesburgse hooggeregshof met betrekking tot die sogenaamde ou Suid-Afrikaanse vlag gelewer is, as ’n terugslag vir vryheid van spraak, hoewel dit nie die organisasie se aktiwiteite of standpunte direk sal raak nie. Die hof het beslis dat die ongevraagde (gratuitous) vertoon van die vlag haatspraak is, op versoek van die Nelson Mandela-stigting (NMS). AfriForum het hierdie standpunt ingeneem ondanks die feit dat AfriForum nie self die vlag vertoon nie en mense ontmoedig om dit te doen.

Ernst Roets, hoof van beleid en strukture by AfriForum, sê daar moet duidelikheid wees oor die lyn tussen vryheid van spraak en haatspraak. “Ons kommer met hierdie saak was van meet af dat ’n uitspraak in die NMS se guns nie die doel sal dien wat hulle beoog nie, aangesien staatsregulering met betrekking tot vryheid van spraak meestal tot groter probleme lei.”

AfriForum is steeds oop vir gesprekvoering oor nasionale kwessies en dat die uitspraak bestudeer sal word voordat daar oor verdere aksie besluit word.

Moenie dat die staat jou stem stilmaak nie: Wys jou steun vir vryheid van spraak.

Meer inligting:

Nelson Mandela-stigting is oneerlik; speel poloriserende rol

Ernst Roets se ENCA onderhoud

Ernst Roets Pretoria FM ou SA-vlag onderhoud

Kallie Kriel oor die verbanning van die ou vlag en Ernst Roets se twiet – ’n gesprek met Stephen Grootes op SAFM.

Verbanning in die naam van Mandela

Kallie Kriel bied konteks oor die ou SA-vlag op Naweekaktueel.

Soortgelyke plasings