|

Video: Innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings bekroon

Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.

In 2016 was daar slegs vier kategorieë waarin ondernemings benoem kon word en in 2018 15 kategorieë. Die wenners se kreatiwiteit is daarom vanjaar behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid op 21 Februarie by die spoggerige Menlyn Boutique Hotel gevier.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans aanbied. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings en mense sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart sake te doen.

Die wenners in die onderskeie kategorieë vir 2018 is soos volg:

  • Tinteltong Toekenning vir die oorspronklikste naam: Streepsak
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Al 3 Boerdery
  • Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp: Magies vol liefde
  • Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos: De Vette Mossel
  • Tinteltong Toekenning vir die soetste nagrus: Aandbloem
  • Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Conrad Theron
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste diens: Funky Ouma
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: Mooi Leefstyl
  • Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies : Magies vol Liefde
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk: Mooi Goete
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – innoverendste produk: Boeremeisie Beeldskoon
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Is Moz Bos
  • Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: De Afrikander
  • Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA uitgewers
  • Tinteltong Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees

AfriForum wil graag sowel die wenners as die benoemde ondernemings of persone met dié groot prestasie gelukwens en aanmoedig om voort te gaan om uitstekende dienste en produkte in Afrikaans te bied.

Soortgelyke plasings