Vier plaasmoorde in 48 uur: AfriForum eis Mbalula se ingryping

 

AfriForum het vandag die dringende ingryping van Fikile Mbalula, polisieminister, geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is.

  • Piet en Tilla van Zyl is Sondag naby Immerpan in Limpopo vermoor;
  • Arno Niehaus is Sondag naby Maanhaarrand in Noordwes vermoor; en
  • Anton Smuts is Sondag naby Kinross in Mpumalanga vermoor en aan die brand gesteek.

In ’n skrywe aan Mbalula het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, ’n dringende afspraak met Mbalula aangevra om die departement van polisie se ingesteldheid teenoor plaasmoorde met hom te bespreek. Roets het gesê dat AfriForum se lede daaroor bekommerd is dat Mbalula hom nie op plaasmoorde toespits nie, omdat dit nie sy politieke agenda steun nie.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het ’n beroep op die publiek gedoen om meer paraat te wees en om by gemeenskapsveiligheidsnetwerke in te skakel.

Soortgelyke plasings