|

Voetsporemonument buite Standerton opgeruim

Die AfriForum-tak in Standerton het op 20 Januarie 2022 die Voetsporemonument opgeruim en die gras om die monument gesny. Die tak knap die monument jaarliks op wat ná die baie reën wat in Desember neergesak het met gras toegegroei was.

Twee bakkievragte gras is met ’n bossiekapper gesny, bymekaar gehark en verwyder. Gif is ook gespuit om die nuwe uitgroeisels te keer.

“Ons is dankbaar om hierdie monument te onderhou sodat ons nageslagte ook die erfenisgebied kan besigtig en die storie daaragter leer,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Sluit vandag nog by AfriForum se Standerton-tak aan: SMS “Voetspore” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings