Volgehoue druk deur AfriForum en verskeie ander vuurwapen- en burgerlike samelewing organisasies het vandag vrugte afgewerp

Die portefeuljekomitee van Polisie het vandag besluit om verder besprekings te staak oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer weens negatiewe reaksie van die publiek.   

“Hoewel ons hierdie besluit verwelkom is dit steeds te min. Hierdie belaglike voorgestelde wysigings moet in geheel geskrap word. Bheki Cele, Minister van Polisie, moet homself eerder bemoei met die groot hoeveelhede vuurwapens en ammunisie wat sy departement verloor, of onwettig aan kriminele verkoop, eerder as om daarop te fokus om wetsgehoorsame burgers te probeer ontwapen,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

Ander groot kwessies wat onmiddellike aandag kort is die reuse-agterstand by die sentrale vuurwapen registrateur wat aansoeke vir vuurwapenlisensies aanbetref. Die regering moet sy huis in orde kry.

AfriForum wil graag hul lede en elke lid van die publiek wat hierdie saak ondersteun het bedank.

Soortgelyke plasings