|

Volhoubare AfriForum-herwinningsprojek bevorder skoner omgewing

Die AfriForum-tak in Harrismith in die Vrystaat loods vandag ʼn selfdoen-inisiatief wat fokus op die herwinning van plastiek en glas.

Die twee materiale word nie gereeld herwin nie.

Volgens Hendrik Oosthuizen, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Oos-Vrystaat, is die probleem met meeste sintetiese stowwe soos plastiek, dat hulle nie in die natuur vergaan nie.

“Anders as hout, papier, natuurlike vesels of selfs metale en glas, verrot hulle nie of gaan hulle nie mettertyd tot niet deur verroesting of verwering nie.”

Dromme sal aan AfriForum-lede in Harrismith verskaf word waarin plastiek- en glasvullis gegooi kan word. Dit sal een keer per week leeggemaak en herwin word. Volgens Oosthuizen hoop die burgerregte-organisasie om dié projek ook na ander dorpe uit te brei omdat herwinning ʼn belangrike rol speel in die bevordering van ʼn skoon en gesonde natuurlike omgewing.

Die eerste honderd AfriForum-lede wat hulle lidnommer, woonadres en drie verwysings aan die burgerregte-organisasie kan verskaf van mense wat wil aansluit, kry elk ʼn drom gratis. Lede wat nie onder die eerste honderd val nie, kan ʼn drom vir die helfte van die prys aanskaf.

Daar is nog net 35 dromme beskikbaar.

Volgens Oosthuizen sal dromme met ʼn kalender vergesel word waarop daar aangedui word wanneer die dromme in verskillende woonbuurte leeggemaak gaan word.

Die dromme is vandag na Harrismith geneem en kan by die Towerpot in Wardenstraat afgehaal word, waarna ʼn gemeenskapsbraai sal volg.

Indien jy deel van die projek wil word, SMS “Herwin” na 31481 (R1). Om in aanmerking vir ʼn gratis drom te kom, moet ʼn e-pos aan Oosthuizen by hendrik@afriforum.co.za gestuur word. Hy kan ook by 071 364 7472 geskakel word.

Soortgelyke plasings