Voortydige “skuldigbevinding” van Mallet en Botha die gevolg van “anti-wit” sentiment


Die burgerregte-organisasie AfriForum vind dit betreurenswaardig dat ’n uitbarsting met ’n klaarblyklike rasse-ondertoon tydens ’n SuperSport-uitsending gisteraand plaasgevind het. AfriForum glo in ’n samelewing waarin wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder word.  Gisteraand se gebeure kan egter net tot verdere rassepolarisasie bydra.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit veral kommerwekkend dat Tokozile Xasa, minister van sport, en DA-leier Mmusi Maimane in hul reaksie op hierdie betreurenswaardige insident skynbaar reeds besluit het dat Naas Botha en Nick Mallet die skuld moet dra. Dít ten spyte daarvan dat nog geen ondersoek na die gebeure gedoen is nie.

“AfriForum betreur dit dat die anti-wit sentiment in die land skynbaar reeds sulke ernstige afmetings aanneem dat wit mense outomaties die sondebok word vir enigiets wat skeefloop,” sluit Kriel af.

 

Soortgelyke plasings