|

Vullisterreinoudit: 81,5% van terreine voldoen nie aan minimum standaarde

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse vullisterreinouditverslag bekendgestel nadat vullisterreine in dorpe en stede waar AfriForum se takke geleë is, vroeër vanjaar geoudit is. Dié verslag gaan met Barbara Creecy, minister van Omgewingsake, bespreek word as ’n deurlopende gesprek wat reeds in 2019 begin het en gaan ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek. Slegs 18,5% (30 van 162) van dié terreine voldoen aan die minimum vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008).

Kragtens die wetgewing moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. ’n Lys van 33 vrae is saamgestel met hierdie minimum standaarde as riglyn en dié vrae is gebruik om die vullisterreinoudit te doen.

“Die swak persentasie kan toegeskryf word aan verskeie probleme wat by munisipaliteite ondervind word wat lei tot die swak en onwettige bestuur van ons vullisterreine. Wanbesteding van fondse, swak instandhouding en ’n gebrek aan bekwame personeel is maar ’n paar van die probleme wat ons daagliks ondervind. Die grootste probleem is dat daar amptenare in munisipaliteite is wat nie die wil en/of die kennis het om die terreine te bestuur nie,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum.

“Die struikelblokke is oneindig soos die feit dat daar amptenare in munisipaliteite is wat weet hul swak bestuur hou geen gevolge vir hulle in nie. Dit is kommerwekkend om te weet die meerderheid vullisterreine in Suid-Afrika voldoen nie eens aan die minimum vereistes nie, maar terselfdertyd is dit verstaanbaar aangesien geen munisipaliteite tot verantwoording gebring word oor die wanbestuur nie.”

Die omgewingsbestuurinspekteurs, meer bekend as die Groen Skerpioene, is ook oorlaai met ondersoeke terwyl dit ook ’n tydrowende proses is om te voltooi. ’n Voorbeeld hiervan is waar AfriForum hierdie proses gevolg het met rioolbesoedeling in 2018 en die skuldigbevinding is eers in 2022 suksesvol uitgevoer.

Soos in die verlede, is AfriForum ook bewus van verskeie vullisterreine wat hierdie jaar gesluit het en terselfdertyd is ook waargeneem dat sommige operasionele terreine volgens hul lisensies reeds moes gesluit het. Dit wek kommer omdat dit beteken dat daar nie meer vullisterreine in sekere dorpe of stede is nie, wat waarskynlik tot onwettige storting sal lei.

“Daar is reeds vanaf 2019 se vullisterreinoudit met Creecy vergader en sedertdien deurlopend met haar en haar span gekommunikeer. Daar is ses terreine geïdentifiseer wat ons gepoog het om te herstel. Die eerste vergaderings is aan die einde van 2021 by die onderskeie munisipaliteite gehou en moontlike oplossings is bespreek. Daar is ooreengekom dat AfriForum ’n memorandum van verstandhouding sou opstel en dan aan die munisipaliteite stuur vir bespreking oor verbeterde samewerking. Uit die vergaderings was dit duidelik dat daar onvoldoende kommunikasie bestaan tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede,” sê De Klerk verder.

Volgens De Klerk het AfriForum ook bewus geword van die nuutste kwessie wat nou op grondvlak begin kop uitsteek waar baie terreine wat nog voldoende lugspasie het, kennisgewings ontvang om te sluit. Daar word dan beoog om gesamentlike distriksterreine vir tussen drie tot vier dorpe oop te maak.

Een suksesverhaal is dié van die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit in Potchefstroom wat ’n daadwerklike ommekeer gemaak het en ’n bekwame privaat maatskappy aangestel het om uit te help by die vullisterrein. Dit is duidelik te sien in die afgelope drie jaar se ouditresultate (16% in 2020, 46% in 2021 en 82% in 2022).

De Klerk meen munisipaliteite moet na dié soort oplossings begin kyk om Suid-Afrika se vullisbestuur op ’n aanvaarbare standaard te kry. “AfriForum sal graag met die implementering van oplossings wil help en moedig munisipaliteite ook aan om met die organisasie in verbinding te tree. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om toe te sien dat ons omgewing nie besoedel word nie en daarom wil ons ook tot ’n skoner Suid-Afrika bydra.”

Só het die vullisterreine per provinsie gevaar ten opsigte van die minimum vereistes:

ProvinsieGetal vullisterreine wat geoudit isGetal vullisterreine wat aan meer as 80% van die minimum vereistes voldoenGetal vullisterreine wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie
 202220222022
Gauteng19118
KwaZulu-Natal918
Limpopo15213
Mpumalanga22022
Noord-Kaap18117
Noordwes23320
Oos-Kaap606
Vrystaat25025
Wes-Kaap251213
Nasionale totaal 16230132

Help om jóú omgewing skoon en netjies te hou: SMS “Vullis” na 45340 (R1) en sluit by dié inisiatief aan.

  • Lees die ouditverslag hier.

Soortgelyke plasings