Vullisverwydering in Bloemfontein

Is jy moeg om vir vullisverwyderingsdienste te betaal wat die Mangaung-metro nie lewer nie? Dink jy ook dit is onregverdig om twee keer ’n maand vir vullisverwydering te betaal omdat die metro nie sy verpligtinge nakom nie?

AfriForum het die afgelope tyd meer as R70 000 bestee om Bloemfontein skoon te maak omdat die metro swak vullisverwyderingsdienste aan gemeenskappe lewer. Ons dring nou daarop aan dat mense wat van privaat vullisverwyderingsdienste gebruikmaak nie langer vir vullisverwydering op hul munisipale rekening verantwoordelik gehou mag word nie.

Teken dié petisie om AfriForum se eise te ondersteun en as jy van mening is dat dit onregverdig is om vir ’n diens te betaal wat nie gelewer word nie.

Soortgelyke plasings