|

Vyf jaar vir man wat vrou in Middelburg doodry danksy AfriForum se privaatvervolgingseenheid

Khumbulani Malinga is gister in die Middelburgse Streekshof vir die dood van Lizel Visagie in Maart 2019 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis. Hiervan is drie jaar opgeskort mits hy hom nie oor die volgende vier jaar aan ’n soortgelyke misdryf sou skuldig maak nie. Malinga se lisensie is vir 12 maande opgeskort.

Malinga het verlede jaar skuldig gepleit op die aanklag van strafbare manslag. Hy het by hierdie geleentheid in sy pleitverduideliking erken dat hy teen ’n spoed hoër as die spoedgrens oor ’n rooilig gery het toe hy Visagie getref het. Voorts het hy erken daar is geen verweer vir sy optrede nie.

“Hy het baie van ons weggevat, maar as hy die volle vyf jaar sit, sal ons tevrede wees,” sê Hamman. “Sy tyd in die tronk gaan nie my dogter terugbring nie, maar hy sal darem tyd hê om te besin oor wat hy gedoen het.”

Visagie se laaste heldedaad was om haar tienderjarige dogter uit die pad van Malinga se BMW te stamp. Visagie se been is morsaf gery, maar haar dogter het net geringe beserings opgedoen. Visagie het doodgebloei. Malinga het probeer om op die vlug te slaan, maar omstanders het hom daarvan verhoed.

Die saak teen Malinga het stadig gevorder waarna Visagie se ma, Marie Hamman, AfriForum se privaatvervolgingseenheid, op aanbeveling van ’n plaaslike verslaggewer in Middelburg, vir hulp genader het. Dié eenheid het in September 2020 ’n brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig omrede die saak toe reeds vir meer as ’n jaar gesloer het.

Hamman het vroeër vertel dat Malinga hul familie “verwoes” het en dat sy nog sommige aande wakker skrik en dink aan die dag toe haar dogter van hul gesin weggeneem is. Visagie het by haar ma gewoon en haar gehelp om kop bo water te hou aangesien Hamman op ’n SASSA-pensioen van R1800 per maand oor die weg moet kom. Hamman het ook voor die uitbreek van die COVID-19-pandemie koekies gebak om haar inkomste aan te vul.

“Hy het baie van ons weggevat, maar as hy die volle vyf jaar sit, sal ons tevrede wees,” sê Hamman. “Sy tyd in die tronk gaan nie my dogter terugbring nie, maar hy sal darem tyd hê om te besin oor wat hy gedoen het.”

Visagie se kleindogter het kort ná haar ma oorlede is na Nieu-Seeland verhuis om by haar pa aan te sluit. Hamman het haar nog nie weer gesien nie. Hamman hoop om teen die einde van die jaar by haar kleindogter te kan gaan kuier.

Daar was op ’n stadium sprake dat Malinga bloot onder huisarres geplaas sou word en Wico Swanepoel, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het die vyf jaar vonnis verwelkom.

“Die familie verdien geregtigheid. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het by hierdie saak betrokke geraak om toe te sien dat geregtigheid geskied en om te verseker dat diegene wat die wet oortree nie ongestraf bly nie.”

Soortgelyke plasings