Inisiatiewe

inisiatiewe

AfriForum se projekte fokus op maniere waarop mens die lewe kan geniet, dit makliker kan maak of om soms net pret in jou eie taal te hê.

Die Gelofte

Die Gelofte” is ’n toonsetting van die Gelofte wat in 1838 deur Sarel Cilliers opgestel is en waarin die Voortrekkers hul afhanklikheid van God in ’n tyd van moedeloosheid en onsekerheid oor die toekoms verklaar.

Meer inligting

De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis is ‘n Christelike, Afrikaanse studentekoshuis in Pretoria – jou huis weg van die huis af.

Meer inligting

forum sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

Meer inligting

forum films

Forum Films is ’n volspektrum- produksiehuis vir televisie, rolprentgrafika, animasie en vollengtefilms. Ons moderne ateljee in Centurion is die tuiste van ’n dinamiese span regisseurs, redigeerders, spelleiers en skrywers met jare ondervinding in die bedryf.

Meer inligting

kraal uitgewers

Kraal Uitgewers is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en die tuiste van Afrikaanse niefiksie, Afrikanergeskiedenis én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het tydens die 100 jaar-herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999 ontstaan en aanvanklik gefokus op die publikasie van versamelaarsboeke oor dié oorlog.

Meer inligting

Dapper Media

Dapper Media is in 2018 gestig as ‘n alternatiewe platform waarop gehalte-inhoud aangebied word. Dit is ‘n platform waar mense met ‘n liefde en passie vir die film,- musiek,- en vermaaklikheidsbedryf kan bymekaarkom.

Meer inligting

Pionier

Pionier is ’n dienstemaatskappy met ’n winsoogmerk. Dié dienstemaatskappy is ’n inisiatief van AfriForum, wat 100% aandeelhouding in die maatskap het. Ons generasie word opgeroep om pioniers van selfbestuur te wees.

Meer inligting