Veiligheid

Veiligheid is een van die mens se basiese behoeftes, maar ongelukkig nie iets wat vanself kom nie. AfriForum help jou om veiligheid in en om jou huis, woonbuurt en gemeenskap te vestig deur middel van verskeie projekte, produkte en dienste.

BUURTWAGTE

Die waarde van buurtwagte is al oor en oor bewys, veral wanneer dié buurtwagte in samewerking met ander veiligheidstrukture soos gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s) en die SAPD saamwerk.

AfriForum het reeds meer as 150 buurtwagte dwarsoor die land op die been gebring, en dié buurtwagte het al verskeie kere tot beter veiligheid, die voorkoming van misdade en die aankeer van verdagte persone gelei.

Elke buurtwaglid word deeglik opgelei om hulself van hul regte en verantwoordelikhede te vergewis, asook in selfbeskerming en radiogebruik.

SPOOR JOU NAASTE BUURTWAG OP

Gebruik die lys van dorpe en stede waar AfriForum reeds buurtwagte het om jou naaste buurtwag op te spoor.

mediaverklarings