|

Wes-Kaap-vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Slegs 8 van die 19 vullisterreine wat in die Wes-Kaap geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008), moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in die Wes-Kaap:

Naam van tak/vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Wes-Kaap: 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Bellville Stad Kaapstad Metro 19/2/5/4/A5/6/WL0050/12 80 80 97 90
Bredasdorp Kaap Agulhas PM 16/2/7/G501/D1/Z1/P329 46
Gansbaai Overstrand PM 16/2/7/G400/D24/21/P335 96 86
George George PM WL0683/4 52 41 52 52 44
Gordonsbaai (Oorlaaistasie) Stad Kaapstad Metro 96
Hermanus Overstrand PM 16/2/7/G501/D3/Z3/P374 92 88 100 100 86
Stilbaai Hessequa PM 19/2/5/1/D/11/WL0060/14 62 38 72
Klawer Matzikama PM 19/2/5/4/F3/6/WL0042/19 60 44 43 24
Lutzville Matzikama PM 19/2/5/4/F3/10/WL0006/18 36 44 22
Mosselbaai Mosselbaai PM 19/2/5/1/D6/17/WL0084/14 64 80 68 96
Malmesbury (Highlands) Swartland PM B/33/2/720/132/P67 96 94
Malmesbury (Chatsworth) Swartland PM B33/2/900/3/5/P167 80
Oudtshoorn Oudtshoorn PM B33/2/900/3/5/P167 40 32 0 26 38 48
Riversdal Hessequa PM 84
Stellenbosch Stellenbosch PM 16/2/7/G203/D16/21/P331 89 66 96
Kraaifontein Interwaste Management Facility Richardo Cheemee 12/9/11/P124 98 98
Velddrif Bergrivier PM 69 26 48
Vredendal Matzikama PM 19/2/5/4/F3/17/WL0032/18 28 53 74
Vanrhynsdorp Matzikama PM 19/2/5/4/F3/16/WL0044/18 68 73 54
Wellington Drakenstein PM 68 80 68
Worcester Breede Valley PM 70

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, is die meeste vullisterreine in die Wes-Kaap in ’n haglike toestand. “Die meeste vullisterreine is in ’n slegte toestand en dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ’n gebrek aan politieke wilsbesluite by sekere munisipaliteite. Die terreine wat wel baie goeie resultate behaal het, is ’n bewys dat politieke wilskrag op grondvlak wel ’n groot rol speel en dat onvoldoende fondse nie altyd as ’n verskoning vir swak resultate gebruik kan word nie.”

Van Heerden sê voorts die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is onder meer die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine. “Vullis wat rondwaai en swak na geen toegangsbeheer is verdere knelpunte by die meeste terreine.”

AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ’n vergadering met Barbara Creecy, Minister van Omgewingsake, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

  • Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings