Wes-Kaapse AfriForum-takke oorhandig plaasaanvalmemorandum aan SAPD


AfriForum se takke in die Wes-Kaap het tussen 21 en 30 November 2017 by polisiestasies in Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Albertinia, Stilbaai, Riversdal, Hermanus en Vredendal memorandums oorhandig om die aandag op plaasaanvalle te vestig.
AfriForum het ook die memorandum aan polisiestasies in areas oorhandig waar daar nog nie AfriForum-takke is nie, insluitend Klapmuts, Stellenbosch, Malmesbury, Wellington, Goodwood, Bellville-Suid, Durbanville, Parow en die area rondom Kaapstad Internasionale Lughawe. Landswyd is daar meer as 100 memorandums oorhandig.
Die memorandums is met die uitsondering van die Albertinia-polisiestasie positief ontvang. Hiér het die stasiebevelvoerder een van haar ondergeskiktes gestuur om die memorandum te ontvang, maar haar opdrag gegee om geen ontvangserkenning te teken nie.

“Die vlak van verantwoordelikheid wat hierdeur weerspieël word, is skokkend en uiters teleurstellend – veral omdat daar ongeveer drie weke vóór die oorhandiging van die memorandum ’n plaasmoord in dié gebied plaasgevind het,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.
“Dit is vir AfriForum belangrik om ’n goeie verstandhouding met die SAPD te hê en ons is dankbaar vir elke polisielid wat hul samewerking tydens die oorhandiging van die memorandum gegee het,” sê De Jager verder.

Raak by AfriForum se buurt- of plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings