|

Wes-Moot-tak blus vuur op R80-snelweg

Die AfriForum-tak in die Wes-Moot het op 31 Mei ’n brand geblus wat motoriste se sigbaarheid op die R80-snelweg belemmer het.

Digte rookbolle het in die lug gehang van ’n veldbrand tussen die snelweg en Sarellaan in die weste van Pretoria. Die Wes-Moot-tak se brandspan het op inligting van die voorval gereageer en die brand met die nodige toerusting en ’n waterkar gaan blus.

“Te danke aan die brandspan se vinnige reaksie, kennis en die regte toerusting is die brand vining in bedwang gebring en geblus. Baie dankie aan die AfriForum-tak se Wes-Moot-brandspan dat ons altyd op julle kan staatmaak,” Sê Hein König, leier van die Wes-Moot-buurtwag.

Om by AfriForum se Wes-Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings