Witrivier-buurtwag help opruim ná onluste


AfriForum se Witrivier-buurtwag het die dorp help opruim na stakende munisipale werkers die strate vol rommel gelaat het. Die werkers het op 2 Augustus 2017 die dorp ingevaar as gevolg van ’n loongeskil.

“Sementvullisdromme en hope rommel het die strate vol gelê en ’n gevaar vir motoriste ingehou. Buurtwaglede het ná afloop van die staking die vullisdromme verwyder om die pad weer bruikbaar te maak. Hulle het ook later ’n skoonmaakaksie gedoen waartydens twee trokvragte vol rommel verwyder is. Dié inisiatief is in samewerking met ander instansies gedoen,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoӧrdineerder vir Mpumalanga-Oos.
“Dit is skokkend om te sien dat werkers wat moet help om die strate skoon te hou die dorp só kan vermors,” sê Johan Pelser, ’n lid van die Witrivier-buurtwag.

Raak vandag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings