Wolmaransstad eis antwoorde van die Maquassi Hills Munisipaliteit.

AfriForum en die inwoners van Maquassi Hills, naamlik Wolmaransstad, Makwassie, Witpoort en Leeudoringstad, eis antwoorde van die Maquassi Hills Munisipaliteit oor swak en onbetroubare dienste. Kwessies waarvoor antwoorde gesoek word:

  1. Watervoorsiening wat tydig en ontydig onderbreek word.
  2. Elektrisiteit wat kort-kort af is vanweë verouderde netwerke en kabels wat blaas.
  3. Paaie wat in ’n baie swak toestand is en glad nie onderhou word nie, stormwaterstelsels wat verwaarloos is en die toestand van paaie vererger.
  4. Vullisverwydering wat op ’n lukrake wyse gedoen word en die stortingsterreine van Wolmaransstad, Leeudoringstad en Witpoort wat in ’n haglike toestand is en dringend aangespreek moet word.
  5. Riool wat in die strate afloop.

Die inwoners kan nie meer met hierdie toedrag van sake uithou nie en eis aksie.

Steun AfriForum se saak hier:

Soortgelyke plasings