|

Zastron-tak dien klagte in by Menseregtekommisie oor waterkrisis

Die AfriForum-tak in Zastron verleen sedert 10 Junie hulp aan die gemeenskap nadat ’n waterpomp opgepak en daar nou gevolglik geen watertoevoer na dié dorp toe is nie. Die Zastron-tak het al water na ouetehuise aangery en ook aan gemeenskapslede uitgedeel.

Intussen het AfriForum klagtes by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien sodat die waterkrisis ondersoek en die probleem opgelos kan word, en ook dat die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik verantwoordelik gehou kan word. Hierdie klagte teen die munisipaliteit spruit daaruit dat die gemeenskap ontneem word van hul basiese mensereg om toegang tot skoon drinkwater te hê. AfriForum het die Mohokare-munisipaliteit ook op terme geplaas weens die swak dienslewering en eis dat die waterkrisis binne twee dae opgelos moet word.

Die waterkrisis het ontstaan as gevolg van ’n waterpomp wat opgepak het en daar nie meer ’n addisionele pomp vir die dorp is nie. Die Zastron-tak voorsien die gemeenskap tans van water, omdat die plaaslike munisipaliteit glo versuim het om hulp te verleen.

“AfriForum se Zastron-tak sal die gemeenskap bystaan met water en die nodige druk op die munisipaliteit plaas om te veg vir hul regte. Dit is onaanvaarbaar om vir bykans twee weke sonder water te wees en die munisipaliteit is nêrens te siene nie. Dankie aan die gemeenskap wat ook hul medemens gehelp het,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Sluit vandag aan by jou plaaslike AfriForum tak: SMS “AfriForum” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings