Hoogste-hof-van-Appel-in-Bloemfontein

Zuma in Hoogste Hof van Appèl oor onwettige mediese parool

Voormalige president Jacob Zuma se regsverteenwoordigers is vandag in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein om teen die hofuitspraak wat die burgerregteorganisasie AfriForum in Desember 2021 verwerf het, dat Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is, te appelleer. Beide partye se argumente sal deur die hof aangehoor word. 

Die Konstitusionele Hof het Zuma in Junie 2021 tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof, nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie oor staatskaping te verskyn oor korrupsie tydens sy presidentskap.

Zuma het sy vonnis aan die einde van Julie 2021 begin uitdien maar is op 5 September 2021 op mediese parool vrygelaat. Die mediese parool is deur Arthur Fraser, die voormalige nasionale kommissaris vir Korrektiewe Dienste, goedgekeur ten spyte daarvan dat die mediese paroolraad nie gevind het dat Zuma vir mediese parool gekwalifiseer het nie.

“AfriForum glo in gelykheid voor die reg en dat prominente politici soos Jacob Zuma aanspreeklik gehou moet word vir hul dade. Dus, sal AfriForum aanhou om in belang van ons lede en die algemene publiek vir geregtigheid te veg,” sê Reiner Duvenage veldtogbeampte vir Strategie en Inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings