Zuma moet vervolg word


AfriForum verwelkom die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) se aankondiging om president Jacob Zuma as staatspresident te herroep en voeg by dat die organisasie sy pogings gaan verskerp om toe te sien dat Zuma vervolg word. ’n Veldtog sal eersdaags in dié verband van stapel gestuur word.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat dié organisasie alle redelike stappe sal neem om toe te sien dat Zuma deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word. “Indien die NVG versuim om Zuma te vervolg, sal AfriForum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel die proses vir privaat vervolging in werking stel.”

Soortgelyke plasings