Kaderontplooiing, vermorsing van staatsfondse, verknorsing oor nuwe nommerplate

Saamgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die begrotingsrede, die Gautengse Hooggeregshof se besluit om die aansoek van die hand te wys om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar, en Panyaza Lesufi se plan om vir Gauteng nuwe nommerplate te gee.