MRK se saak teen Malema voortgesit en regter vra “Hoekom is julle almal wit?”

Saamgestel deur die Podlitiek-span

In vandag se episode bespreek Ernst, Charné en Arno die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen die EFF se Julius Malema, asook ’n regter se bisarre ras-eis: “Hoekom is julle almal wit? Verduidelik!” wat sosiale media laat gons het.