AfriForum Jeug hoop boek sal Ramaphosa help om ekonomiese valshede te korrigeer

AfriForum Jeug het vanoggend ’n eksemplaar van die boek Economic Facts and Fallacies deur die Amerikaanse skrywer en ekonoom Thomas Sowell aan ’n verteenwoordiger van die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa by die Uniegebou in Pretoria oorhandig. Robert Hlongwane, van die presidensie, het die boek by René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug, ontvang.

AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil

Danksy volgehoue druk wat AfriForum se Bothaville-tak op die Nala Plaaslike Munisipaliteit geplaas het, is ’n rioolprobleem ná twee en ’n halfjaar byna opgelos sodat rioolstorting nie meer in die Valsrivier plaasvind nie. Die tak se buurtwag maak ook suksesvol gebruik van veiligheidskameras om misdadigers aan te keer. Die buurtwag het die brandkrane in die…