Podlitiek: Akademia se nuwe Wes-Kaapse kampus, e-tol uitgewis, oor nuwe bestuurderslisensiekaarte beslis

Hierdie week het Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt van Podlitiek, Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurderslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en sy MK-party se oorwinning in die kieshof bespreek.