|

AfriForum-tak verf hobbel vir hobbel die pad na ’n veiliger Rustenburg

Elkeen wat al onkant betrap is deur ’n byna ongemerkte spoedhobbel of onduidelike stopstraatmerker besef die waarde van duidelike padmerkers. Juis daarom takel AfriForum se Rustenburg-tak die taak om byna hobbel vir hobbel en stopstraat vir stopstraat die pad na ’n veiliger Rustenburg te verf.

In Augustus het dié tak hul werk voortgesit en ’n totaal van 60 liter padverf ingespan om afgeleefde padmerkers in Geelhoutpark, Proteapark, Oos-Einde en Safari Tuine oor te verf.

“Ons doel is om ’n volhoubare verbetering in padveiligheid in Rustenburg te maak,” verduidelik Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groot-Marico-distrik. “Deur voortdurend te werk aan die herstel en opknapping van padmerkers, verseker ons nie net die veiligheid van die gemeenskap nie, maar ook die instandhouding van ons dorp se netheid en estetiese voorkoms.”

Dié werk kan egter net aangepak word met die hulp van die gemeenskap. “Die ondersteuning van die gemeenskap is van uiterste belang in ons strewe om ’n verskil in ons gemeenskap te maak. Maak nie saak hoe groot of klein jou bydrae is nie, dit het ’n groot impak op die algehele sukses van ons projekte en ons vra dat die gemeenskap sal aanhou om ons te ondersteun,” sê Jan van Zyl, projekleier van AfriForum se Rustenburg-tak.

Hebelaan in Rustenburg nadat verwerk afgehandel is.

  • Dekfoto ter illustrasie

Soortgelyke plasings