Rampbestuur

AfriForum se rampbestuursafdeling se doel is om gemeenskappe te versterk waar die regering faal.

AfriForum se rampbestuursafdeling is verantwoordelik vir die vermindering van risiko’s van rampe wat verhoed dat daar ekonomiese en infrastruktuurskade, en lewensverlies is. Gemeenskappe moet voorbereid wees op ’n ramp en moet weet wat om te doen voor, tydens en ná ’n ramp. Daarom is dit belangrik om risiko’s te bepaal en gebeurlikheidsbeplanning te doen.