Ledevoordele
[seopress_breadcrumbs]
AfriForum-lidmaatskap bied jou ook die volgende nuttige voordele:
VIRSEKER
AfriForum-lede kwalifiseer vir bekostigbare premies op korttermynversekering by Virseker. Kontak Virseker by admin@sfdienste.co.za of 0861 1010 05. www.virseker.co.za
PROACTIVE PADEL
AfriForum-lede kwalifiseer vir 50%-korting op padelbaanbesprekings deur die Playtomic-toep.
Afslagtarief vir AfriForum-lede: R200 vir 60 minute vir vier spelers.
- Irene Buiteklub
- Slegs Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
- Sondag – uitgesluit
- Wingatepark Buiteklub
- Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
- Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op dié aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub, indien baan vier óp die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en die baanbespreking kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Bespreking sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. ’n Bespreking kan slegs bevestig word nadat die EFT-bewys van betaling ontvang is. Geen vooruitbesprekings nie.
- Sondag 06:00 tot 16:00(50%-korting sal slegs met die bespreking van baan vier van toepassing wees, indien beskikbaar).
- Woodhill Buiteklub
- Maandag tot Donderdag 06:00 tot 16:00 en slegs baan vier(laaste bespreking om 15:00)
- Sondag 06:00 tot 16:00(50%-korting sal slegs met die bespreking van baan vier van toepassing wees, indien beskikbaar)
(Vrydag, Saterdag en openbare vakansiedae uitgesluit)
- Die voordeel geld slegs vir besprekings op die Playtomic-toep.
- Dit sal op ’n eerste-bespreek-eerste-bedien-basis werk. Indien die baan gedurende ’n besige tyd (teen die normale tarief) deur ’n ander proaktiewe padelkliënt bespreek is, sal hierdie 50%-baanfooi nie op die toep reflekteer wanneer ’n AfriForum-lid ’n bespreking wil maak nie en sal die baan as gevolg van hoë besetting dan nie beskikbaar wees nie.
- ’n AfriForum-kategorie is op die Playtomic-toep beskikbaar. Slegs AfriForum-lede wat op hierdie kategorie gelaai is, sal die afslag sien.
- Lede moet die Playtomic-toep aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.
- Die lid sal outomaties afslag ontvang wanneer hy/sy ’n bespreking maak. Lede, laai die Playtomic-toep in jou toepwinkel af om die beskikbaarheid van bane by die klubs te sien voordat jy ’n bespreking via die toep maak.
- Die afslag sal vir die hele baan geld en nie net vir die persoon wat die bespreking maak nie. Dus as ’n lid die baan bespreek en die “Betaal vir almal”-opsie kies – sal hy/sy R200 vir die baan per uur in plaas van R400 betaal, en kan hy/sy drie ander nie-lede ook nooi om te speel.
- Die standaard reël van Playtomic sal geld wanneer dit kom by kansellasies, skuif van besprekings of weersomstandighede.
- Vir drie nie-lede om die afslag te ontvang sal die AfriForum-lid die “Betaal vir almal”-opsie kies, die baan bespreek en vir al vier spelers betaal.
- Betalings word direk deur die toep gemaak nadat kredietkaartbesonderhede op die toep gelaai is. Hierdie geld nie vir Vrydagaande se besprekings en betalings nie.
- Besprekings mag slegs vir ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word.
- Spelers mag eie spane en balle saambring.
- Spane kan wel gehuur word teen R50/spaan en ’n houer balle kan vir R150 gekoop word. Spaanhuur en balaankope moet by die padelsentrum betaal word. Geen kontantbetalings nie. Slegs krediet- en debietkaarte word aanvaar.
- Geen korting bo-op korting nie (indien Proactive Padel ’n spesiale baankortingpromosie van bv. 50% aanbied, sal die hoogste waarde afslag geld en nie ’n kombinasie van die promosie en die ledevoordeel (50%-korting vir AfriForum-lede) nie.
Dankie dat jy omsien na jou welstand!
Besprekings kan ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word.
Lede moet die Playtomic-toep aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep, stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.
’n AfriForum-lid moet die “Betaal vir almal”-opsie kies, die baanbespreking doen, vir al vier spelers betaal en die drie ander spelers uitnooi om te speel.
Betalings word deur die toep gemaak. Kredietkaartbesonderhede moet gelaai word (Vrydagaandbesprekings uitgesluit).
Om ’n spel te herskeduleer moet die betrokke padelsentrum geskakel word 24 uur voordat die spel sou begin. Let op die bepalings en voorwaardes soos van toepassing op die Playtomic-toep.
Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op die aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub op die Vrydagaand, indien baan vier op die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en Vrydagaande se baanbesprekings kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Besprekings sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. Geen vooruitbesprekings nie.
Proactive Padel@Wingate Park Buiteklub
Tel.: 065 532 1590 of 012 997 1312
Adres: Norvalstraat 539, Wingatepark, Pretoria
Bankbesonderhede:
Padel at Wingate (Pty) Ltd
FNB
Rekeningnommer: 63050218940
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall Service Centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van
Proactive Padel@Woodhill Buiteklub
Tel.: 079 137 1743 of 010 972 0015
Adres: Woodhillrylaan 1143, Garsfontein, Pretoria
Bankbesonderhede:
Proactive Padel Woodhill (Edms.) Bpk.
FNB
Rekeningnommer: 63068982397
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall Service Centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van
Proactive Padel@Irene Buiteklub
Tel.: 060 483 2543 of 012 667 1081
Adres: Mainstraat 1, Irene Buiteklub, Irene
Bankbesonderhede:
Irene Buiteklub
Standard Bank
Rekeningnommer: 011739754
Takkode: 051001
Verwysing: AFRI+voorletter+van
Bepalings en voorwaardes
- Besprekings kan ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word met uitsondering van Wingate se padelsentrum op ’n Vrydagaand. Dit kan slegs na 17:00 op die bepaalde Vrydag gemaak word.
- Lede sal die Playtomic-toep moet aflaai, ’n profiel skep en dan hul Playtomic-profiel sowel as die e-posadres wat hulle gebruik het om die profiel te skep, stuur na admin@proactivepadel.com sodat die afslag geaktiveer kan word.
- ’n AfriForum-lid moet die baanbespreking doen, vir al vier spelers betaal en hul uitnooi.
- Betalings word slegs deur die toep gemaak en kredietkaartbesonderhede moet daarvoor op die toep gelaai word. Vrydagaande se besprekings by Wingate is uitgesluit.
- Die Playtomic-kansellasiebeleid sal van toepassing wees. ’n Lid moet ten minste 24 uur VOORDAT die wedstryd moet begin, kanselleer. GEEN TERUGBETALING sal gegee word nie. Geen herbespreking sal toegelaat word indien die kansellasie nie voor die 24-uurtydperk gereël word nie.
- In die geval van reën – die wedstryd kan herskeduleer word deur die betrokke padelsentrum te skakel.
- Die spel mag slegs herskeduleer word in ’n ander AfriForum-tydgleuf waar die korting van toepassing is.
- Spesiale reëling slegs vir Vrydagaande van 17:00 tot 21:00 en slegs van toepassing op baan vier by Wingate Buiteklub op die aand. Bel Proactive Padel se padelsentrum by Wingate Buiteklub, indien baan vier op die Vrydagaand beskikbaar is, bespreek baan vier, betaal per EFT en WhatsApp bewys van betaling na Wingate se padelsentrum. ’n Baanbespreking kan slegs bevestig word nadat bewys van die EFT-betaling ontvang is. Hierdie is ’n uitsondering en Vrydagaande se baanbesprekings kan nie deur die Playtomic-toep geskied nie. Baan vier kan slegs op dié aand bespreek word (vanaf 17:00), deur met Wingate se padelsentrum te skakel. Besprekings sal afhang van die beskikbaarheid van baan vier. Geen vooruitbesprekings nie.
- Spelers kan hul eie spane en balle bring.
- ’n Spaan kan ook teen R50 gehuur word en ’n houer balle kan vir R150 by die padelsentrum gekoop word. Geen kontant nie.
- Geen funksiebesprekings sal onder hierdie korting toegelaat word nie.
- Geleenthede/partytjies/spanboue en toernooie word NIE deur die Playtomic-toepassing bespreek nie en kry nie dieselfde afslag nie.
BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD
EPG GAS DISTRIBUTORS
AfriForum-lede kwalifiseer vir 17%-korting op 9 kg, 19 kg en 48 kg VPG-silinderhervullings by EPG GAS DISTRIBUTORS. Vanweë die afleweringsgebied, geld die voordeel slegs vir AfriForum-lede wat in die groter Pretoria-area woonagtig is.
Aflewerings geskied gratis van Maandag tot Vrydag vir alle bestellings wat teen 10:00 op die dag geplaas én betaal is. EPG GAS DISTRIBUTORS lewer wettig gevulde en veilige LPGSA-goedgekeurde VPG-silinders en dienste aan die publiek, restaurante en klein ondernemings, en industrieë.
EPG is geregistreer by The Safe LP Gas Distributors Network of South Africa.
AfriForum-lede se registrasieblad: https://www.epggas.co.za/register-afriforum
Gebruik jou identiteits- of paspoortnommer met registrasie, of die opdatering van jou bestaande profiel om te kwalifiseer vir die korting en om die AfriForum-kortingsprys van die produkte te sien.
VPG-pryse word gereguleer en verander van maand tot maand.
Kontak EPG GAS DISTRIBUTORS (Ma.–Vr. 08:00–16:30)
Kontaknommer: 012 324 3294
WhatsApp: 071 672 2914
Webtuiste: www.epggas.co.za
(B’s en V’s geld.)
AFRIFORUM SAKENETWERK
AfriForum-lede ondersteun mekaar. Besoek www.afriforumsakenetwerk.co.za om deel van die AfriForum Sakenetwerk-ondernemingsgids te word. Kontak AfriForum Sakenetwerk by 086 10 200 30 (bylyn 246 of 248) of netwerk@afriforum.co.za.
TESTAMENTVOORDEEL
AfriForum-lede kwalifiseer vir ’n gratis testamentopstelling of -wysiging. AfriForum kan jou help om jou testament gratis op te stel. Voltooi die vorm hier.
CTRACK (OPSPORINGSTELSEL)
Spesiale tariewe vir lede op twee Ctrack-produkte.
Standaardopsie: Secure
- Nasionale gesteeldevoertuigreaksie
- Mobiele toepassing
- Afstandbeheer paniekknoppie (opsionele ekstra)
Beperkte opsie: CMe Backup Recovery
- Slegs nasionale gesteeldevoertuigreaksie
Beide produkte sluit in:
- 36-maandedekking vir vervaardigingsdefekte
- Installasie gedurende normale werksure
- GSM – ingesluit 2MB GPRS-data
- 36-maandekontrak met 10% jaarlikse eskalasie
(Bepalings en voorwaardes geld.)
Kontak afriforum@ctrack.com of 012 450 2295. www.ctrack.com
VONKPOS
’n Elektroniese nuusbrief wat AfriForum-nuusgebeure dek. Dit word elke derde Vrydag van die maand aan lede gestuur. Laat weet AfriForum dadelik by ledesake@afriforum.co.za of 086 10 200 30 wanneer jou e-posadres verander.
FORUM TYDSKRIF
Forum Tydskrif is propvol nuus oor die organisasie se burgerregteprojekte, -veldtogte en -aksies. Dis ’n ledetydskrif wat daarop gemik is om lede op verskillende terreine en oor allerlei gebeure ingelig te hou, maar ook te laat saampraat en saamdink.
Opsies volgens jou voorkeur:
- Geen tydskrif nie
- Gedrukte weergawe (gepos)
- Digitale weergawe (aanlyn)
Laat weet AfriForum by ledesake@afriforum.co.za of 086 10 200 30 van jou keuse.
AFRIFORUM SPORT
Sport is deel van wie ons is. Sport sal altyd ’n kernelement in ons gemeenskappe bly. Die fokus is om sporthulpbronne vir ons lede toeganklik te maak deur vennootskappe te sluit met sportverskaffers wat hul produkte en dienste teen laer tariewe aan ons lede bied. Kontak AfriForum Sport by sport@afriforum.co.za of 086 10 200 30 (bylyn 212). www.afriforumsport.co.za
AFRIFORUM TEATER
AfriForum-lede ontvang 10%-korting op alle kaartjieaankope by AfriForum Teater, terwyl jy ook in jou verjaarsdagmaand ’n vedere 10%-kortingskoepon ontvang. Skakel 066 420 6181 of stuur ’n e-pos na teater@afriforum.co.za vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld. www.afriforumteater.co.za
AFRIFORUM 911-NOODDIENS
Die AfriForum 911-noodknoppietoep | www.afriforum911.co.za
Kliëntediens (toepnavrae): 010 312 5790 (weeksdae 08:00 tot 17:00)
E-posadres: afriforum911@afriforum.co.za
Noodlyn: 086 111 6154
Vriende-alarm | |
Alarm vir gewapende reaksie | |
Alarm vir ‘n mediese noodgeval |
AFRIFORUM 911–NOODKNOPPIETOEP
www.afriforum911.co.za
Kliëntediens (toepnavrae): 010 312 5790 (weeksdae 08:00 tot 17:00)
E-posadres: afriforum911@afriforum.co.za
AFRIFORUMTV-TOEP
Vermaak. Gratis. Aanlyn.
AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou slimtoestel kan geniet. AfriForumTV is gratis en bied ’n registrasie-opsie vir elke gebruiker se gemaklike toegang. Die platform poog om die grootste aanlyn Afrikaanse digitale inhoudsplatform te word. Kontak AfriForumTV by navrae@afriforumtv.co.za of 012 880 1952. www.afriforumtv.co.za
AUTO PEDIGREE DIENSSENTRUM
AfriForum-lede kwalifiseer vir 20%-korting met voertuigdienste, passings en herstelwerk by alle Auto Pedigree-dienssentrums regoor Suid-Afrika. Auto Pedigree diens petrol- en dieselaangedrewe voertuie van alle fabrikate en modelle. Kontak die dienssentrum van jou keuse telefonies vir ’n kwotasie. Bepalings en voorwaardes geld. www.autopedigree.co.za/service-centres
- Kontant
- Debiet- of kredietkaarte en die meeste vlootkaarte (Bevestig asb. met die dienssentrum waarheen jy jou voertuig neem.)
- Waarborgvoorwaardes word met die lid bespreek alvorens die diens of herstelwerk begin.
- Die waarborgperiode is gekoppel aan die tipe onderdele wat gebruik word.
- Daar is ’n 12 maande waarborg met gebruik van OEM-onderdele.
- Daar is ’n 6 maande waarborg met gebruik van nie-OEM-onderdele.
Auto Pedigree het dienssentrums regoor Suid-Afrika wat petrol- en dieselaangedrewe voertuie van alle fabrikate en modelle diens.
Oop – Maandag tot Vrydag 07:00–17:00
Gesluit – Saterdag en Sondag
Gesluit – Goeie Vrydag, Kersdag, Welwillendheidsdag en Nuwejaarsdag
Skuldhulp
AfriForum-lede ontvang ’n spesiale aanbod op die fooie wat vir die skuldberadingsproses betaalbaar is en sal slegs 50% van die aanvangsfooie wat normaalweg betaalbaar is, betaal. Die aanbod is uitsluitlik aan lede van AfriForum beskikbaar en alle bepalings en voorwaardes geld.
Klik op die skakel vir volledige inligting: https://www.skuldhulp.co.za/afriforum-lit