Forum Nuus
Forum Nuus is AfriForum se digitale nuusplatform waar daar hoofsaaklik oor nuusgebeure, veldtogte, projekte en kwessies berig word wat die burgerregteorganisasie op een of ander wyse direk raak of waaroor ons ’n opinie huldig. Forum Nuus is ook die platform waar AfriForum se nuusvideo’s gedeel en nuuskommentaar geplaas word.
AfriForum-artikels
Forum Nuus: Die Week se Blitsflits
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het hierdie week met spyt en hartseer die afsterwe van JJ Cassanga bevestig. Hy en Terence Tegg…
Met Maroela Media se gratis app kry jy vermaak en nuus in ’n oogwink
As jy ’n nuuskierige agie is en daarvan hou om altyd eerste alles te weet, het jy nie ’n ander…
Akademia gee eerste tree om wêreldklas fakulteit in natuurwetenskappe te vestig
Akademia het vandag aangekondig dat dié private hoëronderwysinstelling slaggereed is om wêreldklasgehalte natuurwetenskaplikes vir die toekoms op te lei. Benewens…
Perderuiters onderneem tog ten bate van erfenis en geskiedenis
AfriForum is reeds verskeie jare betrokke by ’n groep ruiters wat sedert 2012 te perd al met historiese roetes langs…
Forum Nuus: Die Week se Blitsflits
Die gedwonge dra van maskers en ’n klomp ander Covid-19-gesondheidsregulasies is iets van die verlede danksy volgehoue druk van AfriForum…
NUUSKOMMENTAAR: Vonnis van aanrander laat vertroue in strafregstelsel verder kwyn
Die veroordeelde aanrander Jaco “Hooligan” Swart se vonnis onlangs in die Pretoria-Noord Streekshof het skokgolwe deur die land gestuur. Hy…
Privaatvervolgingseenheid verteenwoordig polisiebeampte wat glo deur Gautengse adjunkspeaker aangerand is
Skaars ’n week nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid vir Nicoleen Swart in die hof bygestaan het in ’n aanrandingsaak, het dié…
‘Malema het geen berou oor Kill the Boer’ betoog AfriForum
Julius Malema se getuienis in Februarie vanjaar tydens die haatspraaksaak wat in die Gelykheidshof in Johannesburg aangehoor is, wys dat…
AfriForum-nuusvideo’s
-
Forum Nuus: Byna onherstelbare infrastruktuur kry AfriForum se Wolmaransstad-tak nie onder 24/6/2022
Al het Wolmaransstad van dié slegste paaie in die land, kry dit nie die AfriForum-tak in die dorp onder nie. Die tak probeer moedig om munisipale verval teen te werk sodat die dorp se infrastruktuur en algehele beeld nie geheel en al in die slag bly nie. Die tak het hulle eie toerusting aangekoop sodat sypaadjies en oop velde se gras gesny kan word. Christo Smit, voorsitter van AfriForum se Wolmaransstad-tak, wil gemeenskapslede aanmoedig om by die tak betrokke te raak sodat inwoners saam kan werk om die dorp te verbeter. -
Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022
Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs ’n hommeltuig bekom en twee taklede vir opleiding as vlieëniers gestuur. Dié tak gebruik dié hommeltuig om misdaad te bekamp. Daar is ook gereelde skoonmaakprojekte in die dorp waar daar met ander organisasies en ondernemings saamgewerk word om munisipale verval teen te werk. -
Forum Nuus: AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil 23/06/2022
Danksy volgehoue druk wat AfriForum se Bothaville-tak op die Nala Plaaslike Munisipaliteit geplaas het, is ’n rioolprobleem ná twee en ’n halfjaar byna opgelos sodat rioolstorting nie meer in die Valsrivier plaasvind nie. Die tak se buurtwag maak ook suksesvol gebruik van veiligheidskameras om misdadigers aan te keer. Die buurtwag het die brandkrane in die dorp wat toegegroei was, opgespoor en weer werkend gekry sodat die brandspan dié krane kan gebruik om brande in die dorp te help blus. -
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022
AfriForum Sakenetwerk het die afgelope week as deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie opleidingsessies saam met Akademia aangebied. Dié sessies het verband gehou met belangrike aspekte van die entrepreneurswêreld. “Vir entrepreneurs om ’n volhoubare onderneming te bestuur is dit belangrik om konstant in jouself te belê en jouself te bemagtig met nuwe vaardighede,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk. -
Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022
Was dit nie vir die AfriForum-tak in Stilfontein nie, het dienslewering dalk al heeltemal tot stilstand gekom. Munisipale verval is ’n werklikheid in hierdie dorp in Noordwes, maar AfriForum-taklede en vrywilligers help gereeld om slaggate te herstel, gras te sny en om skoon te maak. ’n Aktiewe AfriForum-buurtwag help ook om misdaad te bekamp. -
Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022
’n AfriForum-tak is vroeër vanjaar in Viljoenskroon gestig nadat inwoners besluit het dat hulle eienaarskap van die dorp gaan moet neem en self moet inspring om die dorp op te knap. Dié tak het reeds saam met inwoners slaggate gevul en padtekens geverf.
“Ons sal self ’n daadwerklike verskil moet maak. Al begin jy net by jou eie sypaadjie en tuin, asook voor jou in die pad. As jy dit begin doen, kan ons vir mekaar sê ons doen dit saam,” sê Boet Wienand, voorsitter van AfriForum se Viljoenskroon-tak. -
Private video
This video is private. -
Forum Nuus: AfriForum se Parys-tak takel munisipale probleme 20-06-2022
AfriForum se Parys-tak werk hard om die munisipale probleme wat dié dorp het, uit die weg te ruim. Dié tak fokus veral daarop om die baie slaggate te vul en stoptekens te vervang. Die buurtwag ry ook gereeld patrollies om inwoners en infrastruktuur te help beskerm. -
Forum Nuus: AfriForum probeer in Potchefstroom help waar munisipaliteit sukkel 20/06/2022
Wanneer AfriForum se tak in Potchefstroom nie besig is om parke en monumente skoon te maak nie, is hulle besig om saam met die buurtwag hul woonbuurte te beveilig. “Die munisipaliteit kom nie by alles uit nie en ons probeer help waar ons kan,” sê Piet Theron, waarnemende AfriForum-takvoorsitter in Potchefstroom. -
Forum Nuus: Munisipale kontrakteur wat riool stort afgedank danksy AfriForum se toetrede 15/06/2022
Danksy die AfriForum-tak in Ventersdorp is ’n kontrakteur van die munisipaliteit, wat onwettig riool gestort het, afgedank. Dié tak is ook met verskeie ander projekte besig waaronder die skoonmaak van die dorp. Sowat 15 ton vullis is in een maand weggery. Hulle is ook in die proses om kameras te installeer wat sal help om verskeie kriminele aktiwiteite te monitor en oortreders aan te keer. -
Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak
Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 beboet word as die hof hom skuldig bevind. -
Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak
AfriForum se taklede in Sasolburg laat letterlik nie die gras onder hul voete groei nie. Hulle het in drie maande met ’n ambisieuse grassnyprojek die Botaniese Tuin, wat ’n nes van kriminele aktiwiteite geword het, skoongemaak en omtrent 6 ha gras gesny. Die hoop is om dit binnekort weer ’n plek te maak waar gesinne veilig en lekker kan piekniek hou. Dié tak se ander bedrywighede sluit in die herstel van slaggate en samewerking met die SAPD om misdaad te bekamp.