Vullisverwydering

[seopress_breadcrumbs]

AfriForum wil gemeenskappe help om hul huishoudelike vullis op ’n gereelde basis te laat verwyder.

Indien jy nie tevrede is met die vullisverwyderingsdiens wat jou munisipaliteit tans lewer nie, sluit by hierdie vullisverwyderingsinisiatief aan en AfriForum laat jou vullis verwyder.

*Slegs beskikbaar in Bloemfontein. 

Koste:

AfriForum-lede: R163 per huishouding per maand
Nielede: R179 per huishouding per maand

* Slegs huishoudelike en tuinvullis word verwyder.
* Die diens is nie beskikbaar vir inwoners in komplekse nie.
* ’n Maksimum van vier sakke per huishouding per week word verwyder.

Hierby ingesluit:

* Volhoubare vullisverwydering een keer per week.
* Vyftien gratis vullissakke vir gebruik gedurende die maand sal voorsien word.

Neem asb. kennis dat nuwe kliënte se vullis vanaf die eerste van die maand verwyder sal word.