AfriForum se Meyerpark-buurtwag ontvang opleiding


Ongeveer 40 lede van AfriForum se Meyerspark-buurtwag het op 20 September 2017 patrollie-opleiding ontvang. Dié buurtwag patrolleer onder meer Meyerpark, Equestria, Silverton uitbreiding 6 en 8 en Silverton.

“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwag se hoofdoel is uiteraard om ons gemeenskappe te beveilig. Ons is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dít te verwesenlik,” sê André Badenhorst, AfriForum se veiligheidsvoorsitter vir die Meyerspark-tak.
“Dit is nie net buurtwaglede wat by dié opleiding baat nie, maar ook die breër gemeenskap. Buurtwagte is daar om bystand aan die plaaslike polisie te bied en om te help om die gemeenskap tydens noodgevalle te mobiliseer,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak deur  “Meyerspark” na 45341 te SMS (R1), óf deur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za te stuur.

Soortgelyke plasings